Klimraam vir Gansies

Klimraam vir Gansies

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die kleuters van De Kleine Gansies is die ene opgewondenheid oor hulle splinternuwe en veilige klimraam, wat beslis nie as 'n wit olifant op die terrein sal staan nie.
"Die pragtige klimraam is met fondse opgerig wat deur die ouers self ingesamel is," sê Lanita Marais.
De Kleine Gansies het in 2011 al hul 25ste jaar van bestaan gevier en is lankal reeds deel van die gemeenskap, met tans sowat 35 kleuters.

Die nuwe klimraam vir De Kleine Gansies  se  kleuters wat beslis nie 'n wit olifant op die terrein sal wees nie (Foto: Lanita Marais)

Vir kennisname kan net weer gemeld word dat die skooltjie 'n privaatskool vir die gemeenskap is wat deur die ouers bedryf en bestuur word en is nie die private besit van Lanita, wat tans in beheer is, nie. Die skooltjie ontvang dus ook geen fondse van die staat nie en maak slegs op die ondersteuning van die ouers, die breë gemeenskap, besighede, donasies en fondsinsamelingsprojekte staat.
Die grensmuur rondom die skool benodig tans dringende aandag. Dit is besig om te verbrokkel en die staal binne die beton is al verroes. Kwotasies is reeds ingewin en die bestuur het besluit dat 'n baksteenmuur teen R650 per meter die beste opsie vir die langtermyn is om uit te oefen. "Ons is dankbaar vir die R650 wat sommer byvoorbaat deur Johan Swart van Gansbaai se motorhawens vir die muur geskenk is," vertel Lanita. Deel van hulle fondsinsamelingsprojek is die "Borg-'n-Meter"-projek.

Wanneer 'n geborgde bedrag R2,000 of meer beloop, kan die donateur gratis 'n advertensiebord daarop aanbring, met 'n jaarlikse koste van R500 daarna.

"Belangrik is egter die feit dat alle donateurs, ongeag die grootte van die bedrae, die nodige erkenning op een of ander wyse op die muur sal ontvang," sê Lanita. Kennis kan ook geneem word van 'n wegneem snoek en patatete op eerskomende Vrydag, 31 Mei ter stywing van die grensmuur-fondse. Kaartjies beloop R35 en die etes kan tussen 14:00 en 19:00 afgehaal word.

Vir enige verdere navrae kan Lanita Marais by 083-652-1965 geskakel word, of skakel die skooltjie se Tesourier, Carol Devitt, by 084-517-2548.     

Hardus Botha

 

Klimraam vir Gansies

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles