"Ek voel baie goed ná die onlangse operasie waartydens ek 'n pasaangeër gekry het," vertel Bets van der Merwe (regs) van De Kelders.
Op 14 Junie vanjaar sal Bets die ouderdom van 87 jaar bereik en sy lyk sommer baie goed nadat sy op 18 April vanjaar die operasie ondergaan het. Sy vertel dat sy baie hartseer was, aangesien sy op dieselfde dag as die operasie na Johannesburg sou gevlieg het vir haar kleinseun se troue. "Ek was by my eerste kleinseun se troue, maar die dokters het gesê 'n vliegrit sal te gevaarlik wees en ek moes maar verlief daarmee neem om hospitaal toe te gaan in plaas van na die troue," vertel sy. Sy dra vele dankies aan Attie en Hanna le Roux, asook Adri Wessels oor wat haar só getrou voor, tydens en na die operasie gehelp en ondersteun het. "Ook baie dankie aan al die vriendinne wat so getrou bordjies met eetgoedjies voorsien het. Julle weet nie hoe ek dit waardeer het nie en die Here seën elkeen van julle daarvoor." Bets dra ook haar dank oor aan ds Dirk van Dyk vir sy besoeke en gebede vir haar. "Ek sien sommer uit na my 87ste verjaardag in Junie en, behalwe vir bietjie moegheid soms, voel ek soos 'n nuwe mens," sê Bets.
Hardus Botha
Pasaangeer op 87
30 May 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!
Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!
Belinda Batt’s “Stille Water, Diepe Grond” Art Exhibition in Gansbaai
Another wonderful opening evening!
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home
Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai
Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses.
Anger as a Motivator: Turn Frustration Into Action
Anger can be a very good motivator.
Anger Is Not Your Identity
You were never supposed to become the anger.











