Sekuriteit vir BARC

Sekuriteit vir BARC

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

"Ons voel nou sommer veilig met die alarmstelsel by ons hokke en dan is ons nog boonop op Facebook ook te sien!"

"Ons is dankbaar dat daar 'n alarmstelsel by ons hokke geïnstalleer is," vertel Annalie Jonker van BARC. Sy sê 'n anonieme skenker het die alarmstelsel wat in sy woning gebruik is, aan BARC geskenk om groter beskerming aan die hokke te bied, nadat etlike inbrake al daar plaasgevind het. Eben Visser van Secma International Security het die alarmstelsel gratis vir BARC geïnstalleer, nadat hy dit moes aanpas om by die behoeftes van die hokke aan te pas. "Dit is ook direk aan Secma se beheersentrum gekoppel en word gratis deur hulle gemonitor, waaroor ons opreg dankbaar is," sê Annalie.

Verdere "blaffende" nuus is dat BARC nou ook oor 'n Facebook-blad beskik: "BARC Gansbaai Animal Welfare". Annalie sê die doel daarvan is om kontak met baie vriende en diereliefhebbers regoor die wêreld te kan maak. "Ek het darem al 'n hele paar mense gekry wat die blad ge-'like' het!" Kennis kan ook nou reeds geneem word dat vanjaar se gebruiklike BARC Troeteldierskou saam met die Fees van die Ganse (21 September 2013) moontlik op die Dinsdag daarna,  24 September, sal plaasvind. Hou Gansbaai Courant dop vir die bevestiging daarvan op 'n later stadium.

Vir enige navrae en/of skenkings/donasies aan BARC kan Annalie Jonker by 028-384-1740 of 082-826-0631 geskakel word. Vir diere-probleme en/of die aanneem van diere, kan Phillip Schreck (Veldwerker) by 083-742-3903 geskakel word.      
                                                            
Hardus Botha

Sekuriteit vir BARC

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles