St Pauls Laerskool

St Pauls Laerskool

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die rustige atmosfeer by St Pauls Laerskool buite Stanford, met die een skoolgebou in die agtergrond

Die byna "vergete en onbekende" skool vir Gansbaaiers, die St Paul's Laerskool, is "veraf geleë" tussen die plase buite Stanford. Ry sowat 4km uit Stanford op die Akkedispas-pad (Caledon-roete) tot by die bordjie "Papiesvlei/Elim". Dan wag 'n ±13km grondpad (nie te sleg nie) tot by die hekke van "skool 1". 'n Entjie verder wag "skool 2" se hekke. Gr 4-7 leerders, sowat 30, ontvang by "skool 1" onderrig en by "skool 2" word Gr R en Gr 1-3 leerders, sowat 40, onderrig. Maar dis darem nie werklik "2 skole" nie, dis net op afsonderlike gronde, stapafstand van mekaar, geleë. Die tweede gebou is op die plaas van Koos Smit wat 'n Trust gestig het vir die oprigting van fasiliteite om die grondslagfase te akkommodeer. Die skoolhoof, Jacques Korkie, is vir Gr 6 en 7 verantwoordelik. Me A Appel onderrig Gr 4 en 5. Me J Smith is die Akademiese bestuurder by Fynbos Trust, wat hierdie jaar op volle dreef is om met die Grondslagfase te help. Dan is daar me C van Wyk vir Gr R, me A October vir Gr 1, me E Long vir Gr 2 en me D Lucas vir Gr 3. "Vyf van ons leerders het aan die onlangse Eistedfodd deelgeneem en ons is trots dat hulle 2 Cum laude-, 2 goue- en 1 silwer toekennings ingepalm het," vertel Jacques. Hierdie "veraf geleë" skool moet dus nie op sy baadjie takseer word nie. Dit het byvoorbeeld duidelik geblyk tydens Gio Aplon, bekende vleuel en heelagter van Westelike Provinsie, Stormers en ook die Springbokke, wat 'n rugby-afrigtingskliniek op Gansbaai Gemeenskaplike Sportgronde vir o/13 laerskoolspanne aangebied het. St Paul's se spannetjie het in netjiese uitrustings opgedaag en sommer goed gelyk en goed gevaar. Die skool het ook uitstekende prestasies tydens die geskiedkundige Sportdag vir Eenheidsklasse in Gansbaai behaal.

Die skoolgebou was aanvanklik as 'n kerk gebruik en die naam is ook van die Anglikaanse Kerk afkomstig, met die eerste gebou wat op die grond van 'n Duitser, Eerwaarde Will gebou is. Die skool is op 8 Oktober 1935 deur Eerwaarde Canon Earp Jones en Kaptein Smuts geopen. Gansbaai Courant sal in 'n opvolgartikel meer oor die interessante agtergrondgeskiedenis, met foto's, van St Paul's Laerskool berig.

Vir navrae of die aanbied van borgskappe en/of onder-steuning, kan Jacques Korkie by 028-341-0222 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan hom by jacqueskorkie@ gmail.com.                         
      
Hardus Botha

St Pauls Laerskool

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles