3 Rakawyne onder Top 100 in Suid-Afrika

3 Rakawyne onder Top 100 in Suid-Afrika

Gansbaai Courant

Die parsseisoen is pas verby en met saaityd op hande wonder die werksmense op Raka wanneer daar dan 'n ruskansie sal kom. Die week het hulle darem iets gehad om oor te glimlag, want 3 Raka wyne het mooi presteer en is gekies as Top 100 Wyne van Suid-Afrika.

Raka se span

Die eer het al vantevore die Raka Biography Shiraz  te beurt geval, en vanjaar is die Biography2010, Quinary 2009 en die Quinary 2010 al drie gekies as Top 100 Wyne van Suid-Afrika. Die twee Quinary- wyne is versnit-wyne wat, soos die naam aandui, saamgestel is uit die 5 Bordeaux-varieteite.

Die twee wyne is ook aangewys as "Beste Waarde" wyne onder die Top 100 wyne. Daar is slegs 7 wyne wat die eer gekry het.

Josef Dreyer, Raka wynmaker en Ovie van die 2003 oesjaar, som Raka se sukses so op:

“Dis 'n spanpoging, en kom basies neer op goeie terroir en harde werk. Daar is geen geheime formule nie en elkeen by Raka het gedurende die jaar 'n rol te speel om die wingred gesond en gelukkig te hou. In Parstyd werk ons almal saam en daar is nie lyfwegstekers  en  klakouse nie, dis wat die wyn so lekker maak - die werkspan se goeie gees en positiewe gesindheid en die vreugde wat ons almal uit ons werk kry. Dis wat nou bekroon word - harde werk, deursettingsvermoë, en 'n wil om jou beste te doen.” 

Lees gerus die rug-etikette van die Raka Quinary of Biography wyne. 

3 Rakawyne onder Top 100 in Suid-Afrika

Xplorio

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
Spread the Word: Top-Notch Real Estate Service You'll Want to Share!

Spread the Word: Top-Notch Real Estate Service You'll Want to Share!

We're dedicated to providing top-notch service, giving you something to shout about.

Emotional Responsibility: Unlocking Growth and Opportunity

Emotional Responsibility: Unlocking Growth and Opportunity

It is common to say things like "You make me angry," "You make me feel sad," or "You make me uncomfortable."

Hands-On Brushcutter Training at Green Futures College

Hands-On Brushcutter Training at Green Futures College

Check out the horticulture students at Green Futures College in action!

Grootbos Foundation
See All Articles