3 Rakawyne onder Top 100 in Suid-Afrika

3 Rakawyne onder Top 100 in Suid-Afrika

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die parsseisoen is pas verby en met saaityd op hande wonder die werksmense op Raka wanneer daar dan 'n ruskansie sal kom. Die week het hulle darem iets gehad om oor te glimlag, want 3 Raka wyne het mooi presteer en is gekies as Top 100 Wyne van Suid-Afrika.

Raka se span

Die eer het al vantevore die Raka Biography Shiraz  te beurt geval, en vanjaar is die Biography2010, Quinary 2009 en die Quinary 2010 al drie gekies as Top 100 Wyne van Suid-Afrika. Die twee Quinary- wyne is versnit-wyne wat, soos die naam aandui, saamgestel is uit die 5 Bordeaux-varieteite.

Die twee wyne is ook aangewys as "Beste Waarde" wyne onder die Top 100 wyne. Daar is slegs 7 wyne wat die eer gekry het.

Josef Dreyer, Raka wynmaker en Ovie van die 2003 oesjaar, som Raka se sukses so op:

“Dis 'n spanpoging, en kom basies neer op goeie terroir en harde werk. Daar is geen geheime formule nie en elkeen by Raka het gedurende die jaar 'n rol te speel om die wingred gesond en gelukkig te hou. In Parstyd werk ons almal saam en daar is nie lyfwegstekers  en  klakouse nie, dis wat die wyn so lekker maak - die werkspan se goeie gees en positiewe gesindheid en die vreugde wat ons almal uit ons werk kry. Dis wat nou bekroon word - harde werk, deursettingsvermoë, en 'n wil om jou beste te doen.” 

Lees gerus die rug-etikette van die Raka Quinary of Biography wyne. 

3 Rakawyne onder Top 100 in Suid-Afrika

Xplorio

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles