Herwinning van Huishoudelike Vullis

Herwinning van Huishoudelike Vullis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Pearly Beach Bewarea wil graag ‘n ernstige beroep op alle huiseienaars en besoekers aan Pearly Beach doen om asseblief deel te neem aan die herwinningsprojek van huishoudelike vullis. Die Overstrand Munisipaliteit het alle moontlike maatreëls geneem om dit vir almal so maklik as moontlik te maak om aan hierdie projek deel te neem. Waar gewone huishoudelike vullis in swart vullissakke weekliks verwyder word, moet alle herwinbare vullis, soos byvoorbeeld papier, plastiek, blik, en glas in deurskynende vullissakke ook een maal per week uitgesit word.

In Pearly Beach se geval word vullis op Maandae verwyder en inwoners word vriendelik versoek om nie vullissakke voor Maandae uit te sit nie, aangesien dit gereeld deur honde, wilde diere en ook mense verskeur word. Ongelukkig is dit so dat vullissakke deur mense in die fynbos ingesleep word, waar dit vir bruikbare artikels deursoek word, en dan net daar in die veld gelos word. Dit bring mee dat die vullis deur die wind regoor die dorp versprei word , ‘n situasie wat ons ten alle koste wil verhoed. Die herwinningsdepot langs die LOKO is Maandae tot Vrydae van 08:00 – 16:00 oop en op Saterdae en openbare vakansiedae vanaf 11:00 – 16:00. Mnr Peet Staples is daar werksaam  en hy is meer as bereid om ook enige navrae te beantwoord.

Op Sondae word twee groen vullisdromme voor die hekke geplaas en kan inwoners wat die dorp na die naweek verlaat, hulle vullissakke daarin plaas, met die wete dat die nie deur rondlopers op die sypaadjies verskeur sal word nie. Huiseienaars kan ook 2 maal per maand tuinvullis gratis hier gaan aflaai. ‘n Gratis permit vir hierdie doel is by die Gansbaai munisipale kantoor beskikbaar, waar gratis herwinningssakke ook afgehaal kan word. Kom ons werk saam en neem deel aan hierdie projek tot bevordering en beskerming van ons omgewing.

Elrina Versfeld, Pearly Beach Bewarea

Herwinning van Huishoudelike Vullis

Elrina Versfeld, Pearly Beach Bewarea

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles