Kliniekgronde Vervreem aan Provinsie

 Kliniekgronde Vervreem aan Provinsie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Raad het beginselgoedkeuring verleen dat drie klinieke wat op munisipale grond staan aan die Department van Openbare Werke geskenk word. Die betrokke klinieke is op Gansbaai (erf  3904 van 6000 m2), Hawston (erf 2203 van 1351 m2) en Kleinmond (erf 7699 van 927 m2). Kennis is geneem dat die betrokke eiendomme nie vir die lewering van basiese munisipale dienste benodig word nie en in die geval van Gansbaai moet ‘n aansoek binne drie maande ingedien word vir die hersonering van die perseel anders val dit terug na die Munisipaliteit. Dié stap word gedoen kragtens ‘n ooreenkoms wat tussen die Wes-Kaapse Regering en die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsorganisasie (SALGA) bereik is dat primêre gesondheidsorgdienste van munisipaliteite na die Provinsie oorgedra word. Inbegrepe by dié ooreenkoms was die verstandhouding dat bates en laste ook oorgeneem word en dat vaste eiendom sonder enige koste aan die Departement van Vervoer en Openbare Werke oorgedra word. Dit het nou nodig geword om die oordrag te doen omdat die Departement van Gesondheid beoog om die betrokke klinieke op te gradeer en uit te brei.

Op Gansbaai word daar beoog om met die samewerking van die Desmond Tutu TB Sentrum ‘n volhoubare primêre gesondheidsorgfasiliteit van R11 miljoen te ontwikkel wat as ‘n nuwe model vir hierdie tipe diens in Suid-Afrika sal dien. In dié geval sal die eiendom van owerheidsgebruik na institusionele gebruik gehersoneer word. Die totale waarde van die eiendomme beloop volgens ‘n onafhanklike waardeerder R1,725 miljoen. Alle koste met betrekking tot die transaksies, bv opmetings, advertensies, waardasies, hersonering, ens. sal deur die Departement van Vervoer en Openbare Werke gedra word. Volgens die verslag sal die transaksie groot gemeenskapswaarde inhou, onder meer die heffing van belastings en dienstegelde op die eiendomme, die werksgeleenthede wat met die opgraderingsprojekte geskep gaan word en die verbetering van lewensgehalte en algemene gesondheid.               
       
Fanie Krige

 Kliniekgronde Vervreem aan Provinsie

Fanie Krige

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles