Miskien Nou

Miskien Nou

Gansbaai Courant

Solank die weer so bly is daar hoop! Sover het dit egter nie gehelp nie en het die vis skaars gebly. Dit is tog so dat dit nou tyd word vir die snoek om gesig te wys en as die weervoorspelling korrek is gaan die noordwestewind die komende naweek ‘n hond uit ‘n bos waai en wat kan ons dan verwag? Geen prys vir die ou wat geelbek voorspel nie! Daar word ‘n stormwind verwag en hoewel ons ook kwaai winde vroeër die jaar gehad het behoort dit nie te kan kers vashou by wat aan die kom is nie. Indien my voorspelling verkeerd is beloof ek om die res van die jaar my smoel te hou.

Die normale verloop van sake is dat die vis oor die algemeen met die aanbreek van die winter en natuurlik die meegaande koue en rowwe water, dieper gee pad. Dus, dis waar jy jou vis behoort te kry. Moet sê, ek sal nogal verbaas wees indien enige patroon gevolg word. In ‘n vorige rubriek het ek melding gemaak van die feit dat dinge deurmekaar loop en dat die windrigting en sterkte daarvan veral, nie meer so ‘n staatmaker aanduiding van seetoestande is nie.

Ons het baie lank laas makriel by ons raakgeloop en wie weet nog hoe lyk ‘n tjokka? Selfs die snoek wat sporadies hier gevang word was maar eina  --  en ek verwys veral na die grootte daarvan. Daar is natuurlik ouens wat goed onder die kabeljou ingeklim het, maar nou ja, dis die manne wat die kuns vervolmaak het om met die eina-bootjies hulle ding te doen. Meeste van die ander ouens moes maar tevrede wees met die kleiner visse, maar die ou bulle wat wel gevang is kan maar mee gespog word. Al ander vis wat werd is om genoem te word is die hotties wat vanjaar regtig besonders is. Vet en lekker! En ook nie skaam om te byt nie. PW’s moet darem ook gemeld word  --  bulletjies van so 4 kilo’s is darem nie te versmaai nie. En so tussenin nog romanne en silwervis. (Skielik klink dit nie heeltemal so sleg nie).

Kom ons hoop dat die geelbek uiteindelik, (soos almal nou verwag), wel opdaag, en dit sommer ordentlik doen.

Die stokmanne vaar darem beter en mooi galjoen het al op die braairooster beland en dan word mosselkrakers en sommer ordentlike steenbrasse ook, gevang. Hulle het ook lekker ingeklim onder die kabeljou.  Somtyds word ek ingelig wáár, maar as ek daardie skelm glimlag sien, wonder ek tog!

Hengelgroete, Seemeeu

Miskien Nou

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles