Miskien Nou

Miskien Nou

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Solank die weer so bly is daar hoop! Sover het dit egter nie gehelp nie en het die vis skaars gebly. Dit is tog so dat dit nou tyd word vir die snoek om gesig te wys en as die weervoorspelling korrek is gaan die noordwestewind die komende naweek ‘n hond uit ‘n bos waai en wat kan ons dan verwag? Geen prys vir die ou wat geelbek voorspel nie! Daar word ‘n stormwind verwag en hoewel ons ook kwaai winde vroeër die jaar gehad het behoort dit nie te kan kers vashou by wat aan die kom is nie. Indien my voorspelling verkeerd is beloof ek om die res van die jaar my smoel te hou.

Die normale verloop van sake is dat die vis oor die algemeen met die aanbreek van die winter en natuurlik die meegaande koue en rowwe water, dieper gee pad. Dus, dis waar jy jou vis behoort te kry. Moet sê, ek sal nogal verbaas wees indien enige patroon gevolg word. In ‘n vorige rubriek het ek melding gemaak van die feit dat dinge deurmekaar loop en dat die windrigting en sterkte daarvan veral, nie meer so ‘n staatmaker aanduiding van seetoestande is nie.

Ons het baie lank laas makriel by ons raakgeloop en wie weet nog hoe lyk ‘n tjokka? Selfs die snoek wat sporadies hier gevang word was maar eina  --  en ek verwys veral na die grootte daarvan. Daar is natuurlik ouens wat goed onder die kabeljou ingeklim het, maar nou ja, dis die manne wat die kuns vervolmaak het om met die eina-bootjies hulle ding te doen. Meeste van die ander ouens moes maar tevrede wees met die kleiner visse, maar die ou bulle wat wel gevang is kan maar mee gespog word. Al ander vis wat werd is om genoem te word is die hotties wat vanjaar regtig besonders is. Vet en lekker! En ook nie skaam om te byt nie. PW’s moet darem ook gemeld word  --  bulletjies van so 4 kilo’s is darem nie te versmaai nie. En so tussenin nog romanne en silwervis. (Skielik klink dit nie heeltemal so sleg nie).

Kom ons hoop dat die geelbek uiteindelik, (soos almal nou verwag), wel opdaag, en dit sommer ordentlik doen.

Die stokmanne vaar darem beter en mooi galjoen het al op die braairooster beland en dan word mosselkrakers en sommer ordentlike steenbrasse ook, gevang. Hulle het ook lekker ingeklim onder die kabeljou.  Somtyds word ek ingelig wáár, maar as ek daardie skelm glimlag sien, wonder ek tog!

Hengelgroete, Seemeeu

Miskien Nou

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles