Uile vir Gholfbaan

Uile vir Gholfbaan

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Bev Swart wys hoe een van die uilneste lyk wat op die pale gemonteer is

'n Groep gholfers het besluit om die enorme rot- en muisplaag by Gansbaai Gholfbaan, wat die baan erg verniel, met 'n unieke inisiatief die hoof te bied.
Hulle skryf die toename in rotte en muise toe aan die optellers van gholfballe wat die slange in die veld, wat muise en rotte in toom hou, doodmaak. "Dawie Viljoen is die breinkind agter die inisiatief om uile na die omgewing te lok," sê Bev Swart. Koppe is bymekaargesit en die wiele vir 'n pragtige projek is aan die rol gesit.

Daar is besluit om 4 pale met neste daarop rondom die gholfbaan op strategiese plekke te plant. 'n Kennis van Sextus Neethling wat 'n uilkenner te Witsand is, het die uilneste vervaardig. Die 4 neste is op enorme pale van ±11m (±800kg elk) gemonteer. Gate is gegrawe en Bev het die pale met een van sy hyskraan-swaarvoertuie geplant. Dit was 'n enorme werk wat 2 dae geduur het. "Ek het dit nie so beplan nie, maar toe ons by die klubhuis bymekaarkom, het ons gesien dat die pale só geplant is dat al vier vanaf die klubhuis sigbaar is en nogal netjies vertoon," sê Bev. Volgens dr Anton Odendal, bekende voëlkundige in die Overberg, is die neste op pale reg vir die Nonnetjiesuil (Barn Owl), terwyl die ander bekende Kaapse uil, die Gevlekte Ooruil (Spotted Eagle Owl) bome vir hul neste verkies. Bev sê alles wat benodig was, insluitend kontantdonasies, is geskenk en hy hou die volgende bedankings (alfabeties) voor: Abri van Stanford (skenk van pale); Bertie Loubser van Build It (stutte om neste te monteer); Bev Swart (swaarvoertuig met hyskraan en plant van pale); Sextus Neethling (afhaal van neste in Witsand en montering daarvan op pale); Kontantdonasie: Bobby Brandt, Clive Bailey, Daan Victor, Dawie Rossouw, Dawie Viljoen, Joe Cesare, June Rahn en Marlene Davin. Hierdie kan as 'n besonderse projek beskou word en indien dit suksesvol is, sal dit sonder twyfel nie net help met die rot- en muisplaag nie, maar 'n bydrae tot die bewaring van uile lewer.

Bev sê die probleem is nou om die uile van hierdie nuwe en veilige tuiste te oortuig en daarheen te lok. "Indien daar kenners is wat advies het oor die lok van uile na die neste, kan hulle my gerus van verdere advies voorsien," sê Bev. Hy kan by 082-565-8411 gekontak word.

Hardus Botha 

Uile vir Gholfbaan

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles