Wat elke man behoort te weet

Wat elke man behoort te weet

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) het hul Mansgesondheidsveldtog van stapel gestuur om ‘n groter bewustheid van prostaat- en testiskanker onder mans te skep, by wyse van opvoedkundige veldtogte wat  vroeë opsporing beklemtoon.

Prostaatkanker is die algemeenste kanker onder Suid-Afrikaanse mans, behalwe velkanker, en vroeë opsporing verhoog die kanse vir doeltreffende behandeling aansienlik.

Die prostaatklier is ‘n klein orgaan wat net in mans voorkom.  Dit vervaardig semen wat die spermselle voed en dra.  Prostaatkanker kom nie algemeen voor by mans jonger as 40 nie, maar is meer algemeen in later jare.

Vanaf ouderdom 40 behoort elke man jaarliks vir ‘n  Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA) –toets te gaan. Die bloedtoets wat die PSA-vlakke meet (PSA is ‘n proteien wat deur prostaatselle vervaardig word) sal aandui of daar ‘n abnormaliteit by die prostaatklier teenwoordig is, al dan nie.    Mans met hoë PSA-vlakke word aangeraai om ‘n biopsie te laat doen (‘n weefselmonster word van die prostaatklier geneem) om vas te stel of daar kankeragtige selle is.

Gedurende Junie en Julie 2013 bied KANSA in samewerking met Pathcare  PSA bloedtoetse  teen ‘n spesiale tarief van R85 aan.  In die Overberg-distrik word die toetse by die volgende mediese praktisyns gedoen:

Villiersdorp   Mediese Sentrum                                                                                 
Caledon        Dr Mostert, Dr Schoonbee & Ven
Napier           Dr Truter
Bredasdorp   Dr Bosch & Ven, Dr Retief
Kleinmond    Dr du Plessis & Ven
Gansbaai      Dr M Barnard & Ven
Hermanus Pathcare (Mediese Sentrum)

Prostaatkanker ontwikkel gewoonlik stadig en progressief, en sal in ‘n begin stadium geen simptome toon nie.   Vroeë waarskuwingstekens is moeilike urinering, moeite om te begin urineer en te stop, en ‘n behoefte om gereeld te urineer – veral in die nag.  Die gewas wat op die uretra druk en die urienvloei affekteer of blokkeer, veroorsaak gewoonlik hierdie simptome.

Latere simptome in gevorderde kanker sluit in bloed in die urien, ‘n pynlike of brandgevoel tydens urinering, en enige van voorgenoemde simptome, gekombineer met pyn in die lae rug, bobene of bekken-area.  Aanhoudende pyn wat nie verklaar kan word nie, verdien altyd mediese aandag.

Aangesien die presiese oorsaak van prostaatkanker nie bekend is nie, kan die meeste oorsake daarvan nie uitgeskakel word nie.  Om jou risiko te verlaag, gaan ná ouderdom 50 elke jaar vir opsporingstoetse, volg ‘n dieet wat min vet en diereproteïen insluit, en as daar ‘n familiegeskiedenis van die siekte is, is dit raadsaam om vanaf ouderdom 40 gereeld toetse te ondergaan.

KANSA kan help om jou vrae te beantwoord.  Om meer uit te vind oor kanker, skakel KANSA se tolvrynommer by 0800 22 66 22 of besoek hul webwerf by www.cansa.org.za. 

Vir navrae oor PSA toetse kan u die Kansa kantoor in  Onrusrivier skakel, by 028 3163678 of u  plaaslike dokter.

Wat elke man behoort te weet

Xplorio

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles