Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) het hul Mansgesondheidsveldtog van stapel gestuur om ‘n groter bewustheid van prostaat- en testiskanker onder mans te skep, by wyse van opvoedkundige veldtogte wat vroeë opsporing beklemtoon.
Prostaatkanker is die algemeenste kanker onder Suid-Afrikaanse mans, behalwe velkanker, en vroeë opsporing verhoog die kanse vir doeltreffende behandeling aansienlik.
Die prostaatklier is ‘n klein orgaan wat net in mans voorkom. Dit vervaardig semen wat die spermselle voed en dra. Prostaatkanker kom nie algemeen voor by mans jonger as 40 nie, maar is meer algemeen in later jare.
Vanaf ouderdom 40 behoort elke man jaarliks vir ‘n Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA) –toets te gaan. Die bloedtoets wat die PSA-vlakke meet (PSA is ‘n proteien wat deur prostaatselle vervaardig word) sal aandui of daar ‘n abnormaliteit by die prostaatklier teenwoordig is, al dan nie. Mans met hoë PSA-vlakke word aangeraai om ‘n biopsie te laat doen (‘n weefselmonster word van die prostaatklier geneem) om vas te stel of daar kankeragtige selle is.
Gedurende Junie en Julie 2013 bied KANSA in samewerking met Pathcare PSA bloedtoetse teen ‘n spesiale tarief van R85 aan. In die Overberg-distrik word die toetse by die volgende mediese praktisyns gedoen:
Villiersdorp Mediese Sentrum
Caledon Dr Mostert, Dr Schoonbee & Ven
Napier Dr Truter
Bredasdorp Dr Bosch & Ven, Dr Retief
Kleinmond Dr du Plessis & Ven
Gansbaai Dr M Barnard & Ven
Hermanus Pathcare (Mediese Sentrum)
Prostaatkanker ontwikkel gewoonlik stadig en progressief, en sal in ‘n begin stadium geen simptome toon nie. Vroeë waarskuwingstekens is moeilike urinering, moeite om te begin urineer en te stop, en ‘n behoefte om gereeld te urineer – veral in die nag. Die gewas wat op die uretra druk en die urienvloei affekteer of blokkeer, veroorsaak gewoonlik hierdie simptome.
Latere simptome in gevorderde kanker sluit in bloed in die urien, ‘n pynlike of brandgevoel tydens urinering, en enige van voorgenoemde simptome, gekombineer met pyn in die lae rug, bobene of bekken-area. Aanhoudende pyn wat nie verklaar kan word nie, verdien altyd mediese aandag.
Aangesien die presiese oorsaak van prostaatkanker nie bekend is nie, kan die meeste oorsake daarvan nie uitgeskakel word nie. Om jou risiko te verlaag, gaan ná ouderdom 50 elke jaar vir opsporingstoetse, volg ‘n dieet wat min vet en diereproteïen insluit, en as daar ‘n familiegeskiedenis van die siekte is, is dit raadsaam om vanaf ouderdom 40 gereeld toetse te ondergaan.
KANSA kan help om jou vrae te beantwoord. Om meer uit te vind oor kanker, skakel KANSA se tolvrynommer by 0800 22 66 22 of besoek hul webwerf by www.cansa.org.za.
Vir navrae oor PSA toetse kan u die Kansa kantoor in Onrusrivier skakel, by 028 3163678 of u plaaslike dokter.
Wat elke man behoort te weet
06 June 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Learning and Fun at Masakhane Homework Hub!
Every day after school, the vibrant energy of eager young minds fills the air at Masakhane Homework Hub.
Spruce Up Your Home This Easter: Renew, Refresh, Remake!
This Easter, let's 𝗲𝗴𝗴-𝘀𝗽𝗲𝗿𝗶𝗲𝗻𝗰𝗲 𝘁𝗵𝗲 𝗷𝗼𝘆 𝗼𝗳 𝗮 𝘀𝘂𝗰𝗰𝗲𝘀𝘀𝗳𝘂𝗹 𝗵𝗼𝗺𝗲 𝘀𝗮𝗹𝗲!
Unlocking Emotional Freedom: The Ninety-Second Rule
Science shows that when a person has a reaction to something happening in their environment, there is a chemical process that happens for 90 seconds.
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 29 March 2024
Join us for an incredible whale and Marine Big 5 eco tour on Friday, 29 March 2024, at 09:15.
Exploring Entomology: Grootbos Foundation Visits Iziko Museum
Exciting news from the Grootbos Foundation! Our entomology team recently embarked on an enriching journey to the Iziko Museum in Cape Town.
Grootbos Garden Lodge Wins Nature Reserve Hotel of the Year 2024
Garden Lodge has been honoured as the "Nature Reserve Hotel of the Year" at the 2024 Luxe Travel Awards.