Fynbosskou in vooruitsig

Fynbosskou in vooruitsig

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Met vanjaar se Fees van die Ganse wat "in twee verdeel" is, begin sake stadig maar seker vorm aanneem.

Gansbaai Courant het reeds berigte in hierdie verband geplaas, met die Fees van die Ganse wat vir 21 September beplan word en die jaarlikse Winter Fynbosskou vir 8 tot 11 Augustus. Laasgenoemde gaan vanjaar in Gansbaai Academia se saal aangebied word en sal veel meer as net die verruklike Fynbosuitstalling bevat. In die saal sal daar na rustige musiek geluister kan word, met Gansbaai Academia wat tussendeur 'n gesellige teetuin met verversings sal bedryf.

'n Verskeidenheid van fynbosspesies sal ook weer geïdentifiseer kan word. Beplanning vir 'n "new look" Winter Fynbosskou is reeds volstoom aan die gang, ingesluit verskeie interessante uitstallings en stalletjies met handvervaardigde artikels deur plaaslike mense en kosstalletjies.


Belangstellendes kan nou reeds aansoek doen vir stalletjies teen R120 vir handgemaakte artikelstalletjies. Kindervermaak (springkasteel, perde en donkiekarritte) sal ook aangebied word. Saterdagaand, 10 Augustus gaan met 'n onvergeetlike musiekkonsert gepaardgaan.
Hou Gansbaai Courant, die koerant vir die gemeenskap, dop vir verdere inligting. Vir verdere navrae en/of borgskappe en stalletjies, kan Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme by 072-291-5564 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan haar by gansbaaimanager@telkomsa.net. 

Hardus Botha

Fynbosskou in vooruitsig

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles