Die lekker van saamwees

Die lekker van saamwees

Gansbaai Courant

Terwyl ons wag dat die onweer die regte resultate lewer, is daar ‘n ander voorreg wat nie misgekyk behoort te word nie. Hierdie weer veroorsaak dat ‘n lekker kaggelvuur tot sy reg kom. En daarmee saam natuurlik, gaan die bymekaarkomslag van goeie vriende. Die prentjie raak volledig wanneer die aangename gesels daarby ingesluit word, en nog iets  --  ‘n vet vissie op die kole is ‘n móét.

Die  tipe vis wat jy gebruik is nie die belangrikste nie, die geselskap wel. Moet sê, het jy die geluk om ‘n galjoentjie of dalk ‘n ordentlike snoek tot jou beskikking te hê, raak die storie darem baie aangenaam. Terwyl daar al vantevore uitgewei is oor die braaiery self, sal dit nie kwaad doen om na ‘n paar punte te verwys nie. Nommer een, ‘n vet galoen is nie te versmaai nie, en die tyd daarvoor is so teen Julie/Augustus. Ek gaan nie eens verwys na wat as, kom ons noem dit maar melkwurms, bekend is nie. (Tussen ons gesê, dit beinvloed in elk geval nie die smaak nie!)  ‘n Vet snoekpens behoorlik gebraai en lekker vriende daarmee saam, laat jou met geen ander aspirasies nie. Om terug te keer tot die galjoen, en kom ons neem aan dis een van daardie  beroemde hangpense, dan is die saak reg. Om te krap of nie, gaan nie die wêreld verander nie. Waaroor almal sekerlik sal saamstem is dat die galjoen gevlek móét word. Wat daarna volg het al menige aartsvyande veroorsaak  --  die braaiery self!  Of jy nou eers die vleiskant of die velkant braai en hoe lank en hoe skerp die kole moet wees, is amper so ‘n ernstige saak as potjiekos. “Moenie vir my kom sê hoe ek moet maak nie!”. As die ander man braai, laat hom maar sy ding doen, en sorg jy maar vir die ander noodsaaklikheidjies.

Wat ek wel kan aanbeveel is indien jy een van die bevoorregtes is om deel van daardie braai te wees, soos alle dinge in die lewe, geniet dit ou maat, jy gaan dalk lank moet wag vir ‘n volgende keer! Gesels ‘n hond uit ‘n bos uit, waardeer jou vriende, smul behoorlik aan die vis en  --  wees dankbaar!

Van al die lekker goed gepraat, hierdie wilde water wat see toe gaan so moeilik maak, lyk baie mooi vir galjoen  --  so loop haal vir jou. My voorspelling dat die geelbek nou sy opwagting móét maak, bly staan.

Groete, Seemeeu

Die lekker van saamwees

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles