Die lekker van saamwees

Die lekker van saamwees

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Terwyl ons wag dat die onweer die regte resultate lewer, is daar ‘n ander voorreg wat nie misgekyk behoort te word nie. Hierdie weer veroorsaak dat ‘n lekker kaggelvuur tot sy reg kom. En daarmee saam natuurlik, gaan die bymekaarkomslag van goeie vriende. Die prentjie raak volledig wanneer die aangename gesels daarby ingesluit word, en nog iets  --  ‘n vet vissie op die kole is ‘n móét.

Die  tipe vis wat jy gebruik is nie die belangrikste nie, die geselskap wel. Moet sê, het jy die geluk om ‘n galjoentjie of dalk ‘n ordentlike snoek tot jou beskikking te hê, raak die storie darem baie aangenaam. Terwyl daar al vantevore uitgewei is oor die braaiery self, sal dit nie kwaad doen om na ‘n paar punte te verwys nie. Nommer een, ‘n vet galoen is nie te versmaai nie, en die tyd daarvoor is so teen Julie/Augustus. Ek gaan nie eens verwys na wat as, kom ons noem dit maar melkwurms, bekend is nie. (Tussen ons gesê, dit beinvloed in elk geval nie die smaak nie!)  ‘n Vet snoekpens behoorlik gebraai en lekker vriende daarmee saam, laat jou met geen ander aspirasies nie. Om terug te keer tot die galjoen, en kom ons neem aan dis een van daardie  beroemde hangpense, dan is die saak reg. Om te krap of nie, gaan nie die wêreld verander nie. Waaroor almal sekerlik sal saamstem is dat die galjoen gevlek móét word. Wat daarna volg het al menige aartsvyande veroorsaak  --  die braaiery self!  Of jy nou eers die vleiskant of die velkant braai en hoe lank en hoe skerp die kole moet wees, is amper so ‘n ernstige saak as potjiekos. “Moenie vir my kom sê hoe ek moet maak nie!”. As die ander man braai, laat hom maar sy ding doen, en sorg jy maar vir die ander noodsaaklikheidjies.

Wat ek wel kan aanbeveel is indien jy een van die bevoorregtes is om deel van daardie braai te wees, soos alle dinge in die lewe, geniet dit ou maat, jy gaan dalk lank moet wag vir ‘n volgende keer! Gesels ‘n hond uit ‘n bos uit, waardeer jou vriende, smul behoorlik aan die vis en  --  wees dankbaar!

Van al die lekker goed gepraat, hierdie wilde water wat see toe gaan so moeilik maak, lyk baie mooi vir galjoen  --  so loop haal vir jou. My voorspelling dat die geelbek nou sy opwagting móét maak, bly staan.

Groete, Seemeeu

Die lekker van saamwees

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles