Sea Stars op wenpad

Met die afgelope tyd se netbalwedstryde wil dit voorkom asof die Sea Stars nou op 'n wenpad is. Verlede week het hulle teen Hawston gespeel, met die A-span wat met 42-10 gewen het en die B-span met 15-14. Voor dit het hulle onder andere teen Botrivier en Blompark se Sea Gulls as oorwinnaars geseëvier. "Ons sal nou sien hoe vaar ons eerskomende Saterdag teen die Happy Heats van Bredasdorp," sê Bertruline Dickson.

Vir navrae kan sy by 072-707-5687 geskakel word.

Hardus Botha