Ysterperdmanne vasgesneeu

Ysterperdmanne vasgesneeu

Gansbaai Courant

Vyf Gansbaaiers van die Scattered Links, Overberg Chapter met vlnr Kobus Oosthuizen, Kobus du Toit, Hansie van der Merwe, Pieter Maree en Andrè Fourie

Vanjaar was dit die 10de jaarlikse Sutherland Winter Runners 2013 motorfietsrit vir die Scattered Links MCC en die 3de vir Overberg Scattered Links, met 6 Gansbaaiers wat meegedoen het. “Ons ken al die jaarlikse koue wat ons te beurt val en verwag elke jaar sneeu, maar vanjaar was dit die eerste keer wat ons sneeu gekry het en sommer ook in oormaat,” vertel Pieter Maree van Gansbaai, voorsitter van Scattered Links, Overberg Chapter. Die res van die Gansbaaiers is Kobus Oosthuizen, Kobus du Toit, Hansie van der Merwe, Andrè Fourie en Challa Crouse. Wat bedoel was as ‘n “sleep-over” vir die motorfietsers in Sutherland, het as ‘n 5-daagse “gedwonge vakansie” geëindig. Die Gansbaaiers het op Saterdag, 1 Junie weggetrek en die res van die sowat 80 motorfietsers by die De Doorns Hotel ontmoet, vanwaar hulle verder na Sutherland gery het. In plaas daarvan om Sondagoggend weer terug te ry, kon die manne, “wat omtrent net ‘n tandeborsel vir die oorslaap ingepak het”, eers op Woensdag, 5 Junie terugkeer. “Die sneeu het so geval dat selfs viertrek-voertuie en polisie-caspirs nie eers kon deurkom om hulp te verleen nie,” sê Pieter. “Dit het soos Alaska gelyk met sneeu wat tot 2m diep op plekke was.” Die manne is onder groot druk geplaas, aangesien dit nie net oor skoon klere gegaan het nie, maar ook kontant-tekorte, kroniese medikasie en familie- en werksomstandighede. “Na aanleiding van ‘n epos wat versprei is, was dit ‘n riem onder die hart hoe motorfietsers van verskeie klubs ons met donasies vir die onverwagse langer tydperk ondersteun het,” sê Pieter. Selfs die eienaar van die Sutherland Hotel was buitengewoon tegemoedkomend. Oornagkostes met Bed & Ontbyt beloop gewoonlik R400 per nag. Toe hy besef die motorfietsers sal nie kan ry nie, het hy hulle vir ‘n eenmalige bedrag van R300, ingesluit 3 etes per dag, laat oorbly vir solank as wat hulle gestrand sou wees. Die gestrande ysterperdmanne het toe die Sondag se Erediens gaan bywoon. Die manne het ook heerlik in die sneeu gespeel en sneeumanne gemaak.

Pieter het die Maandag, 3 Junie verjaar en hy vertel dat hy al jare spaar om vir homself vir ‘n behoorlike verjaardaggeskenk te koop: ‘n Suzuki Hayabusa GSX 1300R. “Hulle het my geskakel en ek moes die Maandag ry om my motorfiets te gaan haal, maar toe sit ek steeds in Sutherland tussen die sneeu.” Intussen het Pieter darem sy grootste verjaardaggeskenk gaan haal. Hierdie was dus ‘n Sutherland-rit wat nog lank onthou sal word, “maar volgende jaar maak ons weer so,” sê Pieter.

Navrae oor Scattered Links, Overberg Chapter kan aan Pieter Maree by 083-292-0190 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by scatteredlinks.overberg@gmail.com.              

Ysterperdmanne vasgesneeu

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles