Lyndanskonsert

Lyndanskonsert

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr is Stella Swart en Margi Muller in aksie tydens die Lyndanskonsert wat deur Margi gereël is

‘n Gesellige Lyndanskonsert ter stywing van die Birkenhead Boothengelklub se fondse is verlede Saterdag deur Margi Muller van die klub gereël.
Die oggend het baie gesellig verloop en die groot groep rose (en doring!) het die byeenkoms terdeë geniet. Margi, Stella Swart en Petro Scholtz is die drie dames wat vir etlike lewendige lyndansvertonings gesorg het…gepaardgaande met goeie applous. Margi het egter gesorg dat dit nie ‘n “besigtigingskonsert” is nie en direk ná hulle vertonings is almal teenwoordig by die lyndanse betrek, wat sommer vir groot pret en lag gesorg het.

Daar is behoorlik ge-lyndans, ge-“can-can”, ge-rieldans en selfs ge-paaldans, tot groot vermaaak vir almal. 

Van die bekende liedjies wat as begeleiding van hierdie gesellige dansery gedien het, is onder andere Loslappie, Hello Dolly, Achy Breaky Heart, Tennessee Waltz en die Macarena can-can. Margi het ook gesorg vir geskenkpakkies vir verjaarsdae, kaartjie-nommers, beste paal-dansers en al haar gewillige helpers om ‘n sukses van die dag te kon maak. By die netjiese versierde tafels is niemand afgeskeep nie en daar was meer as genoeg te drinke en te ete.

“Ek bedank graag almal vir hulle teenwoordigheid en deelname, asook die dames wat eetbordjies saamgebring het, maar ‘n spesiale dankie aan Petro Scholtz, Stella Swart, Maureen Taljaard en Tollie Thompson vir hulle hulp en ondersteuning,” het Margi gesê.

“Vir die wat belangstel in soortgelyke fondsinsamelings-lyndanskonserte, kontak my gerus!” Margi Muller kan by 082-921-3129 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by accsol4u@telkomsa.net.

Hardus Botha


Deelnemers in aksie tydens ‘n gesellige Lyndanskonsert in die Birkenhead Boothengelklub se saal

Lyndanskonsert

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles