Klavierkonsert Musikale hoogtepunt

Klavierkonsert Musikale hoogtepunt

Gansbaai Courant

Marjaan van Tonder, Gansbaai se eie internasionaal befaamde konsertpianis, se uitvoering Donderdagaand, 6 Junie by die ‘Great White House’ was ‘n groot sukses. Die aand was moontlik gemaak deur die inisiatief van Ans Scholtz.

Diegene wat gelukkig genoeg was om ‘n kaartjie te bekom, was nie teleurgesteld nie en kon in vervoering sit en luister na n meesterlike vertolking van werke van verskeie komponiste. Hy het ook van sy eie komposisies gespeel, wat gemaklik skouers geskuur het met die meesters van die verlede. Die uitvoering was in drie dele verdeel en saam met n driegangmaaltyd uitgevoer.

Wat die aand nog meer besonders gemaak het, is die stukkie geskiedenis wat Marjaan met die gehoor gedeel het van elke komponis wie se komposisies hy gespeel het, bv dat Bach baie lief was vir vroue en 20 kinders gehad het. Marjaan het komposisies gespeel in chronologiese volgorde in die geskiedenis.

Hy het begin deur meer komplekse werke van Bach (uit die Barok periode), gevolg deur laat-Klassieke en vroeë-Romantiese tydperk komposisies van Beethoven en Chopin. Daarna het hy die musiekreis voortgesit met laat-Romantiese werke deur Sinding en Rachmaninoff wat die toonkleur-kapasiteit van die klavier blootgestel het. Die aand is afgerond met Beweging in Blou, ‘n eie blues-virtuoso komposisie asook  verwerkings van bekende Broadway en Hollywood kenwysies soos Smoke Gets in Your Eyes, Moon River en het selfs n verwerking van ABBA se Money, Money, Money ingesluit.

Die tourneur de page was Petra Kleebaum, ook ‘n bekende pianis van Hermanus. Aan die einde van die aand het Marjaan gesê : “Ek het laas voor my gesondheidskrisis opgetree, en dis al amper 3 jaar gelede, maar die ys is nou gebreek”.
Deonora de Jongh


Marjaan van Tonder, Ans en Pieter Scholtz

Klavierkonsert Musikale hoogtepunt

Deonora de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles