Klavierkonsert Musikale hoogtepunt

Klavierkonsert Musikale hoogtepunt

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Marjaan van Tonder, Gansbaai se eie internasionaal befaamde konsertpianis, se uitvoering Donderdagaand, 6 Junie by die ‘Great White House’ was ‘n groot sukses. Die aand was moontlik gemaak deur die inisiatief van Ans Scholtz.

Diegene wat gelukkig genoeg was om ‘n kaartjie te bekom, was nie teleurgesteld nie en kon in vervoering sit en luister na n meesterlike vertolking van werke van verskeie komponiste. Hy het ook van sy eie komposisies gespeel, wat gemaklik skouers geskuur het met die meesters van die verlede. Die uitvoering was in drie dele verdeel en saam met n driegangmaaltyd uitgevoer.

Wat die aand nog meer besonders gemaak het, is die stukkie geskiedenis wat Marjaan met die gehoor gedeel het van elke komponis wie se komposisies hy gespeel het, bv dat Bach baie lief was vir vroue en 20 kinders gehad het. Marjaan het komposisies gespeel in chronologiese volgorde in die geskiedenis.

Hy het begin deur meer komplekse werke van Bach (uit die Barok periode), gevolg deur laat-Klassieke en vroeë-Romantiese tydperk komposisies van Beethoven en Chopin. Daarna het hy die musiekreis voortgesit met laat-Romantiese werke deur Sinding en Rachmaninoff wat die toonkleur-kapasiteit van die klavier blootgestel het. Die aand is afgerond met Beweging in Blou, ‘n eie blues-virtuoso komposisie asook  verwerkings van bekende Broadway en Hollywood kenwysies soos Smoke Gets in Your Eyes, Moon River en het selfs n verwerking van ABBA se Money, Money, Money ingesluit.

Die tourneur de page was Petra Kleebaum, ook ‘n bekende pianis van Hermanus. Aan die einde van die aand het Marjaan gesê : “Ek het laas voor my gesondheidskrisis opgetree, en dis al amper 3 jaar gelede, maar die ys is nou gebreek”.
Deonora de Jongh


Marjaan van Tonder, Ans en Pieter Scholtz

Klavierkonsert Musikale hoogtepunt

Deonora de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles