Ag Vadertjie tog

Ag Vadertjie tog

Gansbaai Courant

Vaderskap is vir my persoonlik deesdae ‘n uiters sensitiewe saak en iets waaroor ek aanvanklik besluit het om nie te skryf nie. My voorneme is egter die nek ingeslaan oor ‘n radioberig vanoggend dat molestering van mans teenoor seuns, seuns onder mekaar  en seuns teenoor klein seuntjies onrusbarend aan die toeneem is. Dit het my laat wonder: wat maak van ‘n pa ‘n geestesgewonde pa? Een wat sy eie seun kan opvoed om eendag ook ‘n geestesgesonde pa vir sy seun te kan wees?

Lewensondervinding en observasies oor baie jare het my die volgende geleer: sonder God as Opperheerser en Regeerder in ‘n pa se lewe, wil, sal en kan geen pa ooit slaag nie. Hier op aarde bestaan daar nie iets soos die perfekte pa nie, maar met die Gees van Die Perfekte Pa in die aardse gelyke, kom die strewe na perfeksie baie makliker as gevolg van die geestelike leiding. Dit is die eerste en die groot gebod van Vaderskap.

‘n Kind se sosiale en emosionele toekoms word bepaal gedurende die eerste vyf jaar van sy lewetjie. Die pa het ‘n geweldige groot aandeel in hierdie ontwikkeling, eerstens as die standvastige en bindende faktor in die gesin. Dit is vandag algemeen dat pa’s mede- voorsieners is waar dit die finansies en die materiële aangaan. Eweneens, as gevolg hiervan moet daar ook ‘n natuurlike en ongedwonge ooreenkoms van verdeling van emosionele en sosiale versorging van die kleinding plaasvind, veral in die geval van seuntjies.

In hul vormingsjare is ‘n pa enige kindjie se held. (My kleindogter het onlangs vir haar ma gevra of sy maar haar man kan kry; sy sal hom teruggee as sy eendag self gaan trou!) ‘n Emosioneel onbetrokke pa, hetsy binne ‘n bestaande gesin, of verwyderd uit die gesinsmilieu, is ewe skadelik vir die gesonde groei van ‘n kindjie, soveel te meer nog ‘n seuntjie. Dit skep ‘n oninhaalbare afstand vir die kind om ‘n stabiele gesin van sy eie te kan lei en dit te kan handhaaf.  Die probleme en statistieke wat Chris Jooste in sy Radio Kansel praatjie noem is absoluut skokkend: 63% van tiener selfmoorde; 90% van wegloopkinders; 85% van gedragsafwykings; 71% van vroeë skoolverlaters; 85% van jeug in tronke ‘n paar jaar gelede in Amerika was  vanuit vaderlose huise. Hoe sal ons statistieke vergelyk?

“Tye het verander” is drie maklike woorde.  Al wat ‘n pa nodig het, is geld. Of is dit? Is dit genoeg om jong kinders vir die grootste deel van die jaar in die sorg van hul moeder te laat om oorsee te gaan werk en die opvoedingstaak deur Skype te doen? Myns insiens gaan daardie kind vanaand in die bed klim met soveel groter verlange na die pa wat die komberse om hom kon vou as wat hy opgewonde was om sy stem te hoor en sy gesig te sien. Vertel vir ‘n seuntjie van vier of vyf jaar sy pappa gaan vir lank ver weg om te gaan werk sodat hy meer geld kan maak vir hulle om kos te koop en hy sal met elke etenstyd langs sy bord sit en wonder of dit sy skuld is dat sy pa nie saam met hulle aan die tafel sit nie en soms dalk weier om te eet.

‘n Pa se teenwoordigheid is die grootste enkelfaktor wat ‘n seuntjie se identiteit vorm. Selfs al is daardie teenwoordigheid nie van super kwaliteit nie, word die basis minstens gelê sodat, wanneer hy groter word, hy kan onderskei deur waarneming van ander pa-seun verhoudings. Wanneer hy verstaan kan hy ‘n keuse kan maak van dit wat hy eendag as pa wil wees. Sonder sy eie pa se teenwoordigheid tydens die vormingsjare het hy egter niks.   

Geen pa mag sy seuntjie die reg ontneem van kwaliteit tyd, ‘n oor wat altyd bereid is om te luister, lofbetuiging vir elke kleinigheid wat hy bemeester en liefdevolle dissipline wat hom leer van grense en verantwoordelikheid nie.

Daar is tog min dinge mooier as ‘n mooi en gesonde pa-seun verhouding.  DANKIE vir sulke Pappas. Vir die ander, dwarsoor ons land, bid ek: “Ag Vadertjie tog, stuur asseblief U Gees in ‘n swerm duiwe op Vadersdag. Maar dit moet sommer ‘n groot swerm wees.”

Carine Badenhorst

Ag Vadertjie tog

Carine Badenhorst

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles