Ag Vadertjie tog

Ag Vadertjie tog

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vaderskap is vir my persoonlik deesdae ‘n uiters sensitiewe saak en iets waaroor ek aanvanklik besluit het om nie te skryf nie. My voorneme is egter die nek ingeslaan oor ‘n radioberig vanoggend dat molestering van mans teenoor seuns, seuns onder mekaar  en seuns teenoor klein seuntjies onrusbarend aan die toeneem is. Dit het my laat wonder: wat maak van ‘n pa ‘n geestesgewonde pa? Een wat sy eie seun kan opvoed om eendag ook ‘n geestesgesonde pa vir sy seun te kan wees?

Lewensondervinding en observasies oor baie jare het my die volgende geleer: sonder God as Opperheerser en Regeerder in ‘n pa se lewe, wil, sal en kan geen pa ooit slaag nie. Hier op aarde bestaan daar nie iets soos die perfekte pa nie, maar met die Gees van Die Perfekte Pa in die aardse gelyke, kom die strewe na perfeksie baie makliker as gevolg van die geestelike leiding. Dit is die eerste en die groot gebod van Vaderskap.

‘n Kind se sosiale en emosionele toekoms word bepaal gedurende die eerste vyf jaar van sy lewetjie. Die pa het ‘n geweldige groot aandeel in hierdie ontwikkeling, eerstens as die standvastige en bindende faktor in die gesin. Dit is vandag algemeen dat pa’s mede- voorsieners is waar dit die finansies en die materiële aangaan. Eweneens, as gevolg hiervan moet daar ook ‘n natuurlike en ongedwonge ooreenkoms van verdeling van emosionele en sosiale versorging van die kleinding plaasvind, veral in die geval van seuntjies.

In hul vormingsjare is ‘n pa enige kindjie se held. (My kleindogter het onlangs vir haar ma gevra of sy maar haar man kan kry; sy sal hom teruggee as sy eendag self gaan trou!) ‘n Emosioneel onbetrokke pa, hetsy binne ‘n bestaande gesin, of verwyderd uit die gesinsmilieu, is ewe skadelik vir die gesonde groei van ‘n kindjie, soveel te meer nog ‘n seuntjie. Dit skep ‘n oninhaalbare afstand vir die kind om ‘n stabiele gesin van sy eie te kan lei en dit te kan handhaaf.  Die probleme en statistieke wat Chris Jooste in sy Radio Kansel praatjie noem is absoluut skokkend: 63% van tiener selfmoorde; 90% van wegloopkinders; 85% van gedragsafwykings; 71% van vroeë skoolverlaters; 85% van jeug in tronke ‘n paar jaar gelede in Amerika was  vanuit vaderlose huise. Hoe sal ons statistieke vergelyk?

“Tye het verander” is drie maklike woorde.  Al wat ‘n pa nodig het, is geld. Of is dit? Is dit genoeg om jong kinders vir die grootste deel van die jaar in die sorg van hul moeder te laat om oorsee te gaan werk en die opvoedingstaak deur Skype te doen? Myns insiens gaan daardie kind vanaand in die bed klim met soveel groter verlange na die pa wat die komberse om hom kon vou as wat hy opgewonde was om sy stem te hoor en sy gesig te sien. Vertel vir ‘n seuntjie van vier of vyf jaar sy pappa gaan vir lank ver weg om te gaan werk sodat hy meer geld kan maak vir hulle om kos te koop en hy sal met elke etenstyd langs sy bord sit en wonder of dit sy skuld is dat sy pa nie saam met hulle aan die tafel sit nie en soms dalk weier om te eet.

‘n Pa se teenwoordigheid is die grootste enkelfaktor wat ‘n seuntjie se identiteit vorm. Selfs al is daardie teenwoordigheid nie van super kwaliteit nie, word die basis minstens gelê sodat, wanneer hy groter word, hy kan onderskei deur waarneming van ander pa-seun verhoudings. Wanneer hy verstaan kan hy ‘n keuse kan maak van dit wat hy eendag as pa wil wees. Sonder sy eie pa se teenwoordigheid tydens die vormingsjare het hy egter niks.   

Geen pa mag sy seuntjie die reg ontneem van kwaliteit tyd, ‘n oor wat altyd bereid is om te luister, lofbetuiging vir elke kleinigheid wat hy bemeester en liefdevolle dissipline wat hom leer van grense en verantwoordelikheid nie.

Daar is tog min dinge mooier as ‘n mooi en gesonde pa-seun verhouding.  DANKIE vir sulke Pappas. Vir die ander, dwarsoor ons land, bid ek: “Ag Vadertjie tog, stuur asseblief U Gees in ‘n swerm duiwe op Vadersdag. Maar dit moet sommer ‘n groot swerm wees.”

Carine Badenhorst

Ag Vadertjie tog

Carine Badenhorst

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles