Pinkster en Gebed

Pinkster en Gebed

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die evangelis van die Makhathini-vlaktes op besoek in Gansbaai, saam met sy eggenote, Lindiwe

Vanjaar se NG-Pinksterdienste was weer eens besonders, met die tema "Here, leer ons bid", gebaseer op "Die Onse Vader" (Mat 6:9-13). Die leraars het om die beurt die kerngedeeltes van die besonderse gebed ontleed en verduidelik, wat opnuut weer nuwe betekenis daaraan geheg het. "Gebed omspan die hele wêreld. Dit is belangrik in ons egte en opregte verhouding met God. Gebed kan skyn wees, waar dit nie gaan om God se naam te heilig nie, maar onself. Gebed vorm die hart van ons verhouding met God. Gebed gaan nie om eie eer nie." Die Pinksterweek is oudergewoonte met ‘n sop- en broodaand afgesluit waar gemeentelede en gaste saam kon verkeer onder die impak van die voorafgaande aanddienste. Twee van die kuiergaste was die evangelis, Bongenkosi (Bongi) Mthembu en sy eggenote, Lindiwe vanaf die Makhathini-vlaktes in KwaZulu-Natal. Bongi het gedurende Mei 1999 tot bekering gekom, homself as ‘n evangelis bekwaam en doen sedertdien uitstaande werk op die Makahathini-vlaktes, waar Lindiwe terselfdertyd ‘n suksesvolle kleuterskool, die Vuku-khanye Chrech, bedryf. Dit was nie hulle eerste kuier in Gansbaai nie en die twee het dit weer eens terdeë geniet om oral rondgeneem te word en kan steeds nie uitgepraat raak oor die vriendelike ontvangs wat hulle telkens hier ervaar nie. Onder andere het hulle byeenkomste en eredienste bygewoon en plekke soos Gansbaai hawe, Gansbaai Toerisme en Gansbaai Courant, waar die "Paperman" (aldus Bongi) werk, besoek.   
Hardus Botha
 

Pinkster en Gebed

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles