Wat is dit in Afrikaans

Wat is dit in Afrikaans

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Laas week was die bote net so deurmekruis soos die weer. Hoewel daar vroeg in die week geelbek gevang is en die ouens dadelik see toe is met die opklaar van die weer, was die vangery maar treurig. Aan die vlak kant het die klein hotties jou opgevreet, maar dieper in het dit heel goed gegaan met Johan Henn en sy boot, Kath-lean. Hulle kon darem spog met mooi romanne, PW’s en hotties. Die silwervis was egter skaars. Hierdie tydjie wat nou aanbreek sal moet opmaak!

Hierdie week wyk ek af van die normale hengelrubriek om ‘n nuwe toevoeging bekend te stel. Wanneer na Afrikaanse hengelterme gesoek word is daar altyd ‘n geskarrel. Sommige woorde kan in die woordeboek voor gesoek word maar daar is baie Engelse termes waarvoor nog geen erkende vertalings voor bestaan nie. Elke week van nou af gaan daar so ‘n paar Engelse woorde verskyn met daarby die voorgestelde Afrikaanse vertaling. Dit mag egter nie die korrekte of beste keuse wees nie en dit sal verwelkom word indien daar enigeen is wat kommentaar wil lewer of nog beter, sy of haar eie bewoording wil weergee. Van hierdie bewoording het reeds in die tydskrif “Aas is die Geheim” verskyn. Daar sal, wanneer ons opsies ten einde loop, ‘n volledige lys geplaas word van beide die Engelse sowel as die Afrikaanse weergawes. Dan sal enigeen sy keuse kan uitoefen wat om te gebruik. Dit behoort vir almal wat byv. wil skryf, of ‘n rubriek behartig of dan net soek vir die Afrikaanse woord, handig te pas te kom. Hou in gedagte dat daar op enige van die plasings reaksie kan wees, al is dit al ou nuus. Enige woord wat sin maak en aanvaarbaar is sal  by die lys gevoeg word. Ons sal seker nog altyd uit gewoonte praat van “triptou” en “spinner”, maar sal dit nie lekker wees om te weet daar is wel ‘n opsie nie? Speel gerus saam!

Van volgende week verskyn die hengelrubriek soos gewoonlik, met die genoemde vertaling onderaan.

Voorstelle van vertalings
Coffee grinder  reel - meulkatrol
Spin - lepelgooi
Trip line - breeklyn/ breker/ skakel
Floating bait - dryfaas
Jig  (for chokka) - tjokkahaak
Grapnel sinkers -  sandsinkers
                          1.grypsinkers (soms met draadhaak)
                          2.piramide-sinkers

Wat is dit in Afrikaans

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles