Naldo Newman (agsteman)(middel) en Desmond Roy (Bale)(losskakel) in aksie.
Black Leaves het verlede Saterdag op hul tuisveld teen Wesbank van Malmesbury gespeel en slegs die tweede span kon in gure weer daarin slag om te wen. Die eerste span kou steeds harde bene en kon nog nie hierdie seisoen daarin slag om aan die wenkant te wees nie. Hul volgende wedstryd is teen Vredenburg.
Francois de Jongh (Foto: Hugh-Daniel Grobler)