Strandveldwind waai op RSG

Strandveldwind waai op RSG

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Tydens die bekendstelling van SD Fourie se Die Lantern-swaaier verlede jaar in die Great White House, met vlnr die gasvrouens van die geleentheid, Annetjie Visagie en Emily Stoffberg, saam met SD Fourie

Die bekroonde radiodrama-skrywer van Franskraal, SD Fourie, se debuutroman, Die Lanternswaaier, maak nou  ‘n  draai op RSG. Die boek is vir RSG se boekvoorlesings-program gekeur en Rika Sennett (onlangs in Verraaiers te sien) sal as voorleser optree. Die daaglikse (weeksdae) voorlesing van die boek begin op Vrydag, 28 Junie om 11:45, presies 2 jaar na die vrystelling daarvan op 28 Junie 2011 in die Great White House, Kleinbaai. Die verhaal begin in Augustus 1892 met die stranding van die Galera,  ‘n  Noorweegse bark wat naby Danger Point (Gansbaai) gestrand het, en die stryd wat dit binne Sophie van Hagelkraal ontketen. Wie is die beseerde Skot wat haar pa in die middel van die nag daar aanbring? Wie het daardie nag die latern geswaai wat tot die stranding van die skip gelei het? “Nou gaan baie mense luister na hoe die wind in die Strandveld waai, hoe ruik blombos en watter kleur is die water van  ‘n  somersee. Ek het ook  ‘n  vergete stukkie kultuur probeer neerpen; oor kruie en kos, transportryers en strandjutters. En die wonderlike, ryk taal van die streek,” vertel SD. Sy sê sy het probeer om  ‘n  vergete geslag weer lewend in die boek te maak en hulle het “gewillig saamgespeel”. Die storie is fiktief, maar die stranding van die skepe is histories gegrond.

Dié lekkerluister-liefdesverhaal is sedert die publikasie daarvan met lof ontvang. “Moontlik is Dalene Matthee groen van jaloesie, daar in die hemel waar sy is, dat sy nie hierdie fassinerende storie tot haar beskikking gehad het nie,” het die skrywer Riana Scheepers destyds oor die boek gesê. Luister gerus vanaf Vrydag, 28 Junie, elke weeksoggend om 11:45, na SD Fourie se Die Lanternswaaier, met Rika Sennett as die voorleser.                                                         
Hardus Botha

Strandveldwind waai op RSG

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles