Flower Valeey Voorskool Kuier by VLV

Flower Valeey Voorskool Kuier by VLV

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Natasha Forbes,Bernadine Damon,Betsie Bester, Lanita Marais

Die Voorskool van Flower Valley, die ‘Early Learning Centre’, se twee leerkragte het onlangs die plaaslike VLV besoek om die dames meer in te lig oor hul werksaamhede.  Die geleentheid is gereël deur die studierigting, Opvoeding en Kultuur, onder leiding van Betsie Bester en haar gasvroue.

Bernadine Damon, waarnemende skoolhoof, en Natasha Forbes, onderwyseres wie ook verantwoordelik is vir administrasie, het onderhoudend al die fasette van die onderneming aan die vergadering verduidelik. Beide is opgeleide leerkragte.
Die voorskooltjie word deur die Flower Valley Conservation Trust ondersteun en is in  ‘n  Fynbos biodiversiteitsarea geleë.  Dit is gedurende 1999 vir die kinders van Flower Valley werkers gestig en daar is tans 17 leerders.  Elf is in die ouderdomsgroep van 2 tot 4 jaar en ses in die ouderdomsgroep van 4 tot 6 jaar. Dit is ook die eerste Eko-bewustheidskool in die Overberg en het onlangs hul Platinum Meriete Sertifikaat ontvang.  Die Eko-Skole tema vir 2013 is: Waste not, save a lot.

Die kinders word deeglik onderrig in bewaring en baie praktiese werk word by die normale kurrikulum gevoeg.  Hulle het hul eie groentetuin, spandeer baie tyd tussen die fynbos en onderneem dikwels uitstappies in die omgewing. Die kurrikulum bestaan o.a uit Hallo dis ek, Voeding, Gesonde Kos, Seisoene en My Bure.  Hulle het onder andere die Strandveld Museum besoek waar hulle meer oor die geskiedenis van die omgewing geleer het.

Hulle maak tans van Baardskeerdersbos se skoolbus gebruik, maar droom van die dag wanneer hulle  ‘n  eie bus kan bekostig.  Hulle is reeds besig met  ‘n  fondsinsameling projek om die ideaal te verwesenlik.

Sylva van Zyl, vier haar 90ste verjaardag op 17 Julie.  Sy was een van ons stigterslede en was teenwoordig by die stigtersvergadering op 27 Mei 1953. Die voorsitter, Rienie Ludick, het haar namens almal geluk gewens en ook bedank vir haar 60 jaar van meelewendheid. Sylva is nog steeds getrou op haar pos by vergaderings en haar vrolike geaardheid en fyn sin vir humor maak haar  ‘n  geliefde lid.

Desiré Pitzer het ook haar tagtigste verjaardag gevier, maar almal is oortuig dat haar geboortedatum foutief is. Haar voorkoms en ouderdom is nie versoenbaar nie! Baie geluk aan die twee dames.

Esmé van Dewenter  het  ‘n  derde plek verower  in die landwye Huletts-kompetisie en sodoende  ‘n  allemintige prys van R1000 verower.  Baie geluk, Esmé. Overberg Sirkel het uitstekend gevaar in die kompetisie. Kleinmond  het die eerste prys ontvang.

Uitslae Kompetisies van die dag:

Konfytrol: 1.Rienie Ludick  2.Betsie Bester
Kerrie komkommer: 1.Esmé van Dewenter 2.Rienie Ludick
Muesli Stafie: 1.Esmé 2.Rienie
Korslose Souttert:1.Elizabeth Muller 2.Rienie 3.Betsie
Oondhandskoene: 1.Elizabeth 2.Betsie
Skinkbordlappie: 1.Betsie
Die volgende vergadering is 6 Augustus om 15:00 in die Pretoriussaal.  Ronel de Villiers is die sameroeper.



Rienie Lüdick en Sylva van Zyl
 

Flower Valeey Voorskool Kuier by VLV

Xplorio

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles