Uilenkraalsmond Buurtwag

Uilenkraalsmond Buurtwag

Gansbaai Courant

Positiewe verslae word steeds vanuit die geledere van Uilenkraalsmond Buurtwag ontvang. Onder andere is die geïnstalleerde kamera’s, wat gereeld verskuif word, beslis  ‘n  wenner. Sodra die kamera afgaan, word  ‘n  sein na die 24-uur selfoonnommer gestuur. Inbrake word ook steeds hokgeslaan, met die nuutste een waar  ‘n  duikpak gesteel is. “Toevallig terwyl die polisie daar was, is geluide gehoor en die duikpak is binne 15 minute deur die Buurtwag teruggekry, maar die kwaaddoener het ongelukkig weggekom,” vertel Paul Venter, koördineerder van die Buurtwag. Verdere goeie nuus is dat die wassery-gebou nou vir die Buurtwag beskikbaar gestel is.

“Die gebou is ideaal vir ons maandvergaderings, samesprekings en beplanning, terwyl dit ook skuiling teen wind en weer aan kliniekpasiënte bied,” sê Paul. Kennis kan ook geneem word van  ‘n  “voorstelle-houer” wat aangebring is waarin inwoners enige voorstelle en/of die aanmelding van ongerymdhede kan plaas. Hy vertel ook van hulle dankbaar-heid dat  ‘n  warm jassie vir die koue nagte vir die gholfkar aangekoop is, asook  ‘n  2,500,000 kers-krag-lig wat geïn-stalleer is. Die op-en-wakker Buurtwag bestaan tans uit 22 lede, waarvan 7 dames is. Aldus maandverslae wat voorgelê is, word daar noukeurig en in detail rekord gehou van inbrake wat plaasgevind het, suksesse wat behaal word, gesteelde goedere wat teruggevind word en inhegtenisnames wat plaasgevind het. Huisies wat tans by die oorhandiging van donasies betrokke is, beloop sowat 220 en huisies met Buurtwag-kentekens sowat 230.

Die selnommer wat vir aanmeldings geskakel kan word, is 072-947-6147. Ter ondersteuning van en/of borgskappe aan Uilenkraalsmond Buurtwag, kan Paul Venter by 076-795-1698 geskakel word. 
Hardus Botha

Uilenkraalsmond Buurtwag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles