Uilenkraalsmond Buurtwag

Uilenkraalsmond Buurtwag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Positiewe verslae word steeds vanuit die geledere van Uilenkraalsmond Buurtwag ontvang. Onder andere is die geïnstalleerde kamera’s, wat gereeld verskuif word, beslis  ‘n  wenner. Sodra die kamera afgaan, word  ‘n  sein na die 24-uur selfoonnommer gestuur. Inbrake word ook steeds hokgeslaan, met die nuutste een waar  ‘n  duikpak gesteel is. “Toevallig terwyl die polisie daar was, is geluide gehoor en die duikpak is binne 15 minute deur die Buurtwag teruggekry, maar die kwaaddoener het ongelukkig weggekom,” vertel Paul Venter, koördineerder van die Buurtwag. Verdere goeie nuus is dat die wassery-gebou nou vir die Buurtwag beskikbaar gestel is.

“Die gebou is ideaal vir ons maandvergaderings, samesprekings en beplanning, terwyl dit ook skuiling teen wind en weer aan kliniekpasiënte bied,” sê Paul. Kennis kan ook geneem word van  ‘n  “voorstelle-houer” wat aangebring is waarin inwoners enige voorstelle en/of die aanmelding van ongerymdhede kan plaas. Hy vertel ook van hulle dankbaar-heid dat  ‘n  warm jassie vir die koue nagte vir die gholfkar aangekoop is, asook  ‘n  2,500,000 kers-krag-lig wat geïn-stalleer is. Die op-en-wakker Buurtwag bestaan tans uit 22 lede, waarvan 7 dames is. Aldus maandverslae wat voorgelê is, word daar noukeurig en in detail rekord gehou van inbrake wat plaasgevind het, suksesse wat behaal word, gesteelde goedere wat teruggevind word en inhegtenisnames wat plaasgevind het. Huisies wat tans by die oorhandiging van donasies betrokke is, beloop sowat 220 en huisies met Buurtwag-kentekens sowat 230.

Die selnommer wat vir aanmeldings geskakel kan word, is 072-947-6147. Ter ondersteuning van en/of borgskappe aan Uilenkraalsmond Buurtwag, kan Paul Venter by 076-795-1698 geskakel word. 
Hardus Botha

Uilenkraalsmond Buurtwag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles