Saagspeler eregas in New York

Saagspeler eregas in New York

Gansbaai Courant

Die ex-Gansbaaier, Hannes Vermeulen alias “Hannes Saag” van wie Gansbaai Courant vroeër vanjaar geskryf het, is as  ‘n  eregas by die 10de jaarlikse New York City Musical Saw Festival op 1 Junie vanjaar in die Trinity Lutheran Church, Astoria, New York ontvang. Sowat 50 saagspelers van heide en verre het opgedaag en voor sowat 300+ feesgangers op hul sae gespeel. Die Saagmusiek-Fees het vanjaar onder die direkteurskap van Natalia Paruz, bekend as die “Saw Lady”, plaasgevind. Hannes, wat as Suid-Afrika se eerste saagspeler bekendstaan, het die land tydens die fees gaan verteenwoordig. Andy Battaglia, joernalis van die NYC Wall Street Journal (U.S. Edition), skryf soos volg oor die Suid-Afrikaner: “Hannes Vermeulen had ventured from Langebaan, South Africa, making him the festival’s guest of honor - the saw player who’d travelled the longest distance to Queens. Back home, he’d been a contestant on the TV show “SA’s Got Talent”, so local leaders helped raised funds to send their hometown hero to New York.

The 66-year-old saw man performed a portion of his nation’s national anthem. Asked why the musical saw is the instrument he chooses to play, Mr. Vermeulen replied it’s the only instrument he can play!” Hannes het reeds in 1954 saam met sy ouers vanaf Parow Vallei na Gansbaai verhuis, waar sy pa onder andere die destydse Eureka Losieshuis bedryf het. Hy was tot 1960 in Gansbaai op skool. Dit het hom sowat 2 jaar geneem om die saag as  ‘n  musiekinstrument te bemeester, iets wat hy al vir 40+ jaar doen. “Die bywoning van die New York City Musical Saw Festival as die enigste Suid-Afrikaner was nie net  ‘n  groot voorreg en eer nie, maar ook  ‘n  hoogtepunt in my lewe,” het Hannes gesê.       
      
Hardus Botha

Saagspeler eregas in New York

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles