Gholfnuus

Verjaarsdae: Johan Kruger 23, Werner Walther 20, WJ Wessels (Jnr), M Stockdale 24.

Woensdag
se Sloegterskompetisie is gewen deur Charlie Bent met 38 punte (79 bruto) gevolg deur Christo Spanellis 37, Bev Swart 36, Joe Cesare 35, Leon Hattingh 35, Paul Dippenaar 33, Solly Wessels 33, Steve Muller 33, George Hunt 32, June Rahn 32.  Naaste aan die penne was Steve Muller op no 2&11, Charlie Bent op no 8&17 en Bobby Brandt op no 15.  George Hunt teken  ‘n  Spog Twee aan op putjie no 11.  Leon Hattingh wen die Boerpotputjies no’s 9, 10 en 14.

Vrydag was daar geen kompetisie nie as gevolg van die weer.  Die ledetrekking was nie gewen nie en word oorgedra na volgende week.  Baie dankie aan Toekie vir die heerlike koek waarop ons almal getrakteer was – jy is baie spesiaal, Toekie en ons waardeer dit.


Saterdag se Enkel Stableford kompetisie is gewen deur Paul Dippenaar (regs)  met 38 punte, gevolg deur Bobby Brandt 36, Jacques Rheeder 36, Jannie Brandt 34, Solly Wessels 34, Joe Cesare 32.  Naaste aan die penne was Daniel vd Merwe op no 2&11 en 8&17.  Spog Twee’s word aangeteken deur Jannie Brandt (2) en Nico Burden (2).

Uitklopkompetisies:  Leon Hattingh & Sextus Neethling wen vir Solly Wessels & Royce Wods met Foursomes.

Liga:  Gansbaai verloor met 2/6 teen Arabella.  Better luck next time!

Volgende Saterdag se kompetisie word geborg deur Castle Light en die formaat is  ‘n  4BBB Stableford.

Klub/Club:  028 384 1441 – Leon Hattingh & Andre Roos
Navrae/Enquiries:  082 878 0534 – Johan Coetzee