Dis nou of nooit

 Dis nou of nooit

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ons het die benodigde noordwestewind gehad, opgevolg met  ‘n  stewige wes- en suidwestewinde en boonop  ‘n  see wat jou toelaat om op hom te kom. Toestande is dus ideal vir die groter vis om gesig te wys. Teen die afgelope naweek is daar maar bitter min van hierdie vis aangekeer, maar die man wat wegbly van die see moet nie kla as hy tuisbly en die vis misloop nie! Daar was wel sprake van baie mooi makriel wat naby die Punt gevang is.Toestande was lank laas so agtermekaar soos nou en dis te verwagte dat beter dae in sig is. Hierdie periode wat nou gaan volg móét eenvoudig die gewenste resultate lewer. Die weer kan enige tyd verander, en dit kan òf goed òf sleg wees, en die watertemperatuur kan dan bepalend wees.

Van die stokmanne het laas week so kuier-kuier vanaf Pearly Beach hulle ding gedoen en minstens een het droëbek kom vertel hoe baie hy van niks gevang het. Op die Plaat was dit  ‘n  ander storie en daar het darem  ‘n  paar galjoen uitgekom.
Met die regte aas en indien die gety reg gelees word sal galjoen se kind moet kom proe. Dis nou  ‘n  geval van aanhouer wen.

Groete, Seemeeu


Hieronder volg die volgende vertaalde hengelterme, kommentaar, asseblief.
Plugs and chiselnosed plugs - lepels en bytelneuslepels
Lipped cranked baits - gelipte kunsaas (byv. Rapalas)
Braided fishing line - gevlegte vislyn
Spool capacity - spoelkapasiteit
Leader line - voorslaglyn
Centre pin reel – middelpenkatrol 

 Dis nou of nooit

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles