Vriendinne bereik saam mylpaal

Vriendinne bereik saam mylpaal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Voor  sit  Elsie Taljaard (90), met agter vlnr haar oorblywende seuns en dogter, Herman Taljaard, Lilly Otto en George Taljaard tydens Elsie se 90ste verjaardag

Twee vriendinne het onlangs die besonderse mylpaal van 90 jaar bereik. Hulle is Elsie Taljaard en Sylva van Zyl. Gansbaai Seniorklub het, onder leiding van Angela Caie, ‘n  geselligheid vir hulle in Gansbaai Lionsklub se saal gereël en daar is sommer heerlik saamgekuier. Dié twee is op hul onderskeie verjaardae ook deur familie onthaal. Elsie is op 18 Junie 1923 in Paardeberg (Stanford-omgewing) gebore. Tot op 16-jarige ouderdom het sy op Diepgat naby Caledon grootgeword en daarna op die plaas Karwyderskraal tussen Hawston en Botrivier. Elsie is vir die afgelope 50 jaar ‘n  Gansbaaier en het 6 kinders, waarvan 3 oorlede is en 15 kleinkinders. Sy woon vir die afgelope ±28 jaar by haar dogter, Lilly Otto in De Kelders. Haar twee seuns, Herman Taljaard van Gansbaai en George Taljaard van die Kaap en ander familie het haar verjaardagvieringe op 18 Junie aan huis van Lilly bygewoon.

Lily is ‘n  voormalige werknemer van Francois en Deonora de Jongh van Gansbaai Courant toe hulle vroeër jare die eienaars van Gansbaai se Skulpieswinkel was. Intussen het Lilly se dogter, Samantha Otto, sowat 3 jaar gelede ook vir Francois en Deonora begin werk, maar vir Gansbaai Courant.


Vlnr is Jeanette Steyn, Jacobus Steyn (broer), Sylva van Zyl (90), Rina Maree (dogter) en Jeanne Maree (kleindogter) tydens Sylva se 90ste verjaardag

Die tweede 90-jarige vriendin, Sylva, is op 17 Junie 1923 in Swellendam gebore en sy het in Worcester grootgeword. Vir 20 jaar, 1950 tot 1970, was Sylva ‘n  Gansbaaier, waarna sy na Riviersonderend verhuis het. In 1985 het sy na Gansbaai teruggekeer, waar sy vir die afgelope 28 jaar steeds woon. Sy het net een dogter, Rina Maree en 2 kleinkinders. Tot op ouderdom 87 het Sylva steeds haar eie huis en tuin in De Kelders onderhou, alleen daar gewoon en nog self haar motor bestuur. Sedert 1 Augustus 2010 is sy na Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes. ‘n  Verrassingsgeselligheid is deur haar dogter, Rina Maree, vir haar in die NGK se Kleinsaaltjie gereël. Gansbaai Courant dra graag opregte gelukwense aan hierdie twee inwoners oor.

Hardus Botha

Vriendinne bereik saam mylpaal

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles