Groot Verjaardagvieringe

Groot Verjaardagvieringe

Gansbaai Courant


Voor vlnr is Sylva van Zyl (90) en Elsie Taljaard (90), met Bets van die Merwe (87) agter hulle tydens verjaardagvieringe wat die Gansbaai Seniorklub gereël is. Inlas: Wyle Nan Buys

Lede van Gansbaai Seniorklub het, onder leiding van Angela Caie, ‘n  heerlike geselligheid vir twee 90-jariges in Gansbaai Lionsklub se saal gereël. Die twee belangrike gaste vir wie die geselligheid spesiaal gereël is, is Elsie Taljaard en Sylva van Zyl. (Berig op bl 6). Die derde vriendin, Bets van der Merwe wat jaarliks haar verjaardag saam met Sylva vier, is kort op dié twee se hakke met haar 87ste verjaardag wat sy die voorafgaande week gevier het. Sy het ook die geselligheid saam met die 90-jariges bygewoon. Bets is op 14 Junie 1926 in Edenburg, Vrystaat gebore. Sy het in Lusikisiki in die Transkei grootgeword en is later na Stellenbosch. Bets is reeds vir die afgelope 22 jaar ‘n  Gansbaaier en het 3 kinders en 7 kleinkinders. Nog ‘n  verjaardagvriendin van Bets en Sylva wat sedert 2009 nie meer die jaarlikse gesamentlike verjaardagvieringe bywoon nie, is wyle Nan Buys wat in 2009 in die ouderdom van 83 oorlede is en was ten tye van haar afsterwe vir 24 jaar ‘n  Gansbaaier. Hierdie drie het jaarliks hul verjaardae gelyktydig gedurende Juniemaande gevier.                       
                                      
Hardus Botha 

Groot Verjaardagvieringe

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles