Core en Cardio

Core en Cardio

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Lede van Core & Cardio, met voor vlnr Linda Kloppers en Suzette Wiese, en agter vlnr Desire Pitzer, Leonie du Plessis, Elsabe Schoombie en Rita Pio.

Die lede van Core & Cardio spog nou met hul eie oefenhemde. Dis bloedrooi, dis ge-embleem en dit simboliseer “…vir meer as net oefeninge…”. Te oordeel aan die groot opgewondenheid tydens die klasse, kan dit net lekker wees om ‘n  passie vir oefeninge te hê, en dit is wat Linda Kloppers wel het. “My passie vir fiksheid en liefde vir oefening kom al ‘n  lang pad aan,” vertel Linda. In Groblersdal, waar sy en haar eggenoot, Deon Kloppers en leraar van Omgee-Bedieninge, eers gewoon het, het Linda vir sowat 20 jaar haar eie gimnasium bedryf. “Na ‘n  paar maande in Gansbaai het die oefen-gogga my weer beetgekry en het ek besef ek moet daarmee voortgaan,” vertel sy. Vir die oningeligte, “Core” verwys na maag- en postuurspiere, terwyl “Cardio” na kardiovaskulêre fiksheid verwys. Tans bied Linda groepsklasse aan, maar sy is ook ‘n  gekwalifiseerde persoonlike instrukteur (“personal trainer”). Haar groepsklasse sluit onder andere pilates-, aerobics- en step-klasse in.

Die aërobiese oefeninge bestaan uit ‘n  wye verskeidenheid van oefeninge, soos powerpump, body conditioning, cross training en low impact-klasse. “Alle dames is welkom en daar is ‘n  tipe klas wat elke tipe vrou sal pas!” Linda sê haar primêre doel met die klasse wat sy aanbied, gaan nie nét oor fiksheid nie, maar ook oor vriendskapsbande wat gesmee word.

“Ek volg ‘n  holistiese benadering wat na die algehele gesondheid, fisies sowel as psigies, van die dames omsien,” sê sy. “Die dames word vriendinne wat mekaar se lief en leed deel, en dit is tog so belangrik in vandag se gejaagde stresvolle lewe!” Sy poog dus om ‘n  beter lewenskwaliteit op alle vlakke aan die sowat 20 dames wat tans by haar oefen, te gee.

Die klasse word in Omgee-Bedieninge se saal in Kerkstraat (oorkant Laerskool Gansbaai se agterste hek) aangebied. Belangstellendes kan vir Linda Kloppers by 082-550-7313 skakel.         

Hardus Botha 

Core en Cardio

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles