Geleentheid vir Werkloses

Geleentheid vir Werkloses

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die studente wat in November 2012 hul kursus voltooi het, met vlnr Rienie le Roux, Thembakazi Sokenyile, Audrey Cengimbo, Sylvia Nikani, Fredie Botha, Alet du Plessis en Suster Iréne de Waal

“Werkloses kán ‘n  verskil in hul lewens maak,” sê Suster Iréne de Waal van Carpe Diem Opleidingssentrum in Caledon. ‘n  Nuwe geleentheid om drome te verwesenlik is vanaf 15 Julie 2013 beskikbaar, met kursusse in Huisbestuur en Tuisversorging wat aangebied sal word. “Die kursusse word slegs in Afrikaans aangebied en is omvangryk van aard,” vertel Suster de Waal. Die kursusse strek oor ‘n  tydperk van 8 en 6 weke, daagliks vanaf 08:00 tot 16:00. Die Huisbestuurkursus sluit die volgende in: was, stryk en vlekverwydering, diere- en plantsorg, wynetiket, tafeldek, skoonmaak van huisapparate en meubelstukke, ekonomiese en gesonde voedselvoorbereidings en driegang-maaltye. Dit word aangevul met die bou van ‘n  goeie selfbeeld, kommunikasie-vernuf, konflikhantering, huweliksberading, kindersorg, asook hulp met die opstel van CV’s en werksetiek.

Die Tuisversorgingkursus strek oor ‘n  tydperk van 6 weke en sluit twee weke praktiese opleiding by ‘n  versorgingsoord in jou omgewing in. Bejaardes se behoeftes word aangespreek en sluit in: maaltydbeplanning, bedsorg, inkontinensie, dementia, arbeids- en fisioterapie tegnieke en siekte toestande. Met die kwalifikasie word topversorging vir ons seniorburgers moontlik gemaak sodat die vrees vir oud word (rontofobie) die nek ingeslaan kan word. Belangstellendes in een van hierdie kursusse kan met Suster Iréne de Waal by 028-212-1138 of 071-125-4704 in verbinding tree.

Hardus Botha

Geleentheid vir Werkloses

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles