Geleentheid vir Werkloses

Geleentheid vir Werkloses

Gansbaai Courant

Die studente wat in November 2012 hul kursus voltooi het, met vlnr Rienie le Roux, Thembakazi Sokenyile, Audrey Cengimbo, Sylvia Nikani, Fredie Botha, Alet du Plessis en Suster Iréne de Waal

“Werkloses kán ‘n  verskil in hul lewens maak,” sê Suster Iréne de Waal van Carpe Diem Opleidingssentrum in Caledon. ‘n  Nuwe geleentheid om drome te verwesenlik is vanaf 15 Julie 2013 beskikbaar, met kursusse in Huisbestuur en Tuisversorging wat aangebied sal word. “Die kursusse word slegs in Afrikaans aangebied en is omvangryk van aard,” vertel Suster de Waal. Die kursusse strek oor ‘n  tydperk van 8 en 6 weke, daagliks vanaf 08:00 tot 16:00. Die Huisbestuurkursus sluit die volgende in: was, stryk en vlekverwydering, diere- en plantsorg, wynetiket, tafeldek, skoonmaak van huisapparate en meubelstukke, ekonomiese en gesonde voedselvoorbereidings en driegang-maaltye. Dit word aangevul met die bou van ‘n  goeie selfbeeld, kommunikasie-vernuf, konflikhantering, huweliksberading, kindersorg, asook hulp met die opstel van CV’s en werksetiek.

Die Tuisversorgingkursus strek oor ‘n  tydperk van 6 weke en sluit twee weke praktiese opleiding by ‘n  versorgingsoord in jou omgewing in. Bejaardes se behoeftes word aangespreek en sluit in: maaltydbeplanning, bedsorg, inkontinensie, dementia, arbeids- en fisioterapie tegnieke en siekte toestande. Met die kwalifikasie word topversorging vir ons seniorburgers moontlik gemaak sodat die vrees vir oud word (rontofobie) die nek ingeslaan kan word. Belangstellendes in een van hierdie kursusse kan met Suster Iréne de Waal by 028-212-1138 of 071-125-4704 in verbinding tree.

Hardus Botha

Geleentheid vir Werkloses

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles