Stropery in boek verewig

Stropery in boek verewig

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die skrywer van “Spoor van die Perlemoenstropers”, Johan Fourie saam met sy twee kleinseuns, Ruben (links) en Wynand Malherbe tydens die bekendstelling van sy boek in die Great White House

Perlemoenstropery is in Johan Fourie se nuutste omgewingsmisdaadroman, Spoor van die Perlemoenstropers, verewig. Dié eko-spanningsverhaal, geïnspireer deur feite, gee die leser ‘n  binnekykie na die onderduimshede wat Suid-Afrika se mariene-hulpbronne die afgelope jare “in ‘n  krisis gedompel het”. Die intriges wat met perlemoenstropery gepaardgaan, word in diepte ondersoek. Van meet af aan is dit naelbytaksies wat die leser vanaf wetstoepassers tot by stropers, vanaf vissersgemeenskappe tot by bendes en vanaf Chinese Triades tot by korrupte amptenare voer. Johan se boek is op 20 Junie 2013 in die Great White House bekendgestel en ‘n  groot hoeveelheid belangstellendes het die geleentheid bygewoon. Die Uitgewer is Naledi (Kaapstad), die Redaksiehoof is Melt Myburgh, met Johan Coetzee van De Kelders as Direkteur.

Direk ná die Inleidende hoofstuk (proloog), word Eddie Barnard van Franskraal se liedjie “Perlemoen” aangehaal. Die grootste deel van die verhaal speel in Gansbaai af en hy verwys ook na die sakeryk van die “aanvallige Madelyn Krause”, Gansbaai se eie “Perlemoen Queen”. Johan Fourie is ‘n  natuurbewaarder en tans Besturende Direkteur van The Nature College Wild Life Training. Hy het as helikoptervlieënier in die SA Lugmag gewerk, maar mettertyd het die roepstem van die bos te sterk geword. In 1982 is hy as veldgids na die Krugerwildtuin. Vir vyf jaar het hy die Lebomboberge in die ooste van die wildtuin te voet met sy gaste verken. Na sy dienstermyn op staptoere, is hy oorgeplaas na natuurbestuur. Tien jaar later besluit hy om ‘n  onderneming te stig wat as eksterne deskundiges deur Sanparke gebruik kon word om spesialisfunksies soos natuuropleiding te vervul.

Spoor van die Perlemoenstropers is Johan se derde Omgewingsmisdaadroman en die ander twee boeke uit sy pen is Stryd in die Bos / Cry of the Rhino en Kodenaam Tau. In Gansbaai is Spoor van die Perlemoenstropers teen R149.00 by Gansbaai Book Exchange beskikbaar.          

Hardus Botha

Stropery in boek verewig

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles