Dis nat op see

Dis nat op see

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Eldo Marais (links), met sy geelbek en Jannie Roux met sy mooi rooivisse wat hulle naby Haaibank gevang het.

Omstandighede het weer eens gesorg dat see toe gaan ‘n  probleem word vir die ou wat maar aan die versigtige kant bly. Die rowwe water het ‘n  stort op see amper onvermydelik gemaak en ‘n  kaggelvuurtjie met ‘n  biertjie daarby darem baie meer aantreklik.  Op ‘n  stadium was die see ‘n  baie aanvaarde 14+ grade en alles het daarop gedui dat die toestande nou so ideaal as moontlik was vir die vis om te baljaar, maar nou ja, so het dit ook nie gewerk nie.

Ek lê op ‘n  amper windstil Saterdagoggend nog heerlik in die bed met ‘n  see wat raas en my daaraan herinner dat ek die beter opsie gekies het. Oor die radio hoor ek van  die baie snoek wat nou gevang word en reuse-elwe wat onverwags hulle verskyning gemaak het  --  maar dis sommer baie ver  van ons. Dit laat my ook wonder wat dan nog by ons moet plaasvind voordat ons ook gaan deel in hierdie verskynsel. En elke keer met die voorbereiding van hierdie artikel wonder ek of die manne nie gaan inklim onder die vis voor die verskyning van die Courant nie. Om pal te voorspel dat ons die vis NOU gaan vang en dan maar volgende week weer die kat uit die boom te kyk, raak ‘n  bietjie dik vir ‘n  daalder. Indien jy wil deel aan die verwagte byt van die vis moet jy egter op see wees, want by die huis, doenig in die visdam, gaan jy droëbek bly! 

Welkom aan die vakansiegangers, geniet julle tydjie met ons en hou in gedagte dat galjoen koningskos is, en wanneer jy hom self aangekeer het smaak hy soveel lekkerder. Die erge rowwe water wat ons nou ervaar sal net die boothengelaars nadelig ervaar en kan selfs gunstige toestande veroorsaak vir die manne met die lang stokke. Die verwagting is in elk geval dat daar hierdie week rustiger water op ons wag.

Soos beloof, die volgende vertaalde hengelterme  --  reaksie hierop sal verwelkom word.

Geniet die see, Seemeeu

Smooth drag - egalige remvermoë (van ‘n  katrol)
Hook dislodging tool - hoekverwyderaar
Swimming bait - lewende aas
Throwing plugs - gooilepels (soos vir elf)
Strip bait - strookaas/ reep-aas/ filet
On the drift - op die dryf

Dis nat op see

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles