Overberg Kushengelaars se suksesse

Overberg Kushengelaars se suksesse

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News


“Die manne met die visse”, met vlnr Louis Otto (grootste vis en swaarste sak), Oubaas Lesch (steenbras en galjoen), Maynard van Niekerk Snr (galjoen) en Morne Olivier (galjoene)

Kushengelaars moes die afgelope Saterdag in pragtige weersomstandighede golwe van 5 meter trotseer om hul geliefde sport te beoefen. “Ek verwys natuurlik nou na Overberg Kushengelklub se maandelikse kompetisie wat hier in ons plaaslike waters gehou is,” vertel Frans Claassen, voorsitter van Overberg Kushengelklub. Die manne het ook spoggerig in hulle nuwe klubklere vertoon, wat deur Frans gereël is. Weer eens was dit ‘n  baie geslaagde kompetisie waar die aanhouers en uithouers so teen laatmiddag met goeie vangste beloon is. Die dag is gewen deur Louis Otto met n mooi witsteenbras en 2 vet galjoene. Louis se steenbras van 3.5kg was ook die swaarste vis vir die dag. “Met hierdie vangs het Louis ‘n  duursame sandpen van vlekvrye staal gewen wat deur Fourie Meganiese Dienste geborg is,” sê Frans. “As wenner vir die dag kan hy en vroutjie heerlik in Gansbaai hawe by ‘The Boathouse’ restaurant gaan smul!”

The Boathouse restaurant borg die klub se kompetisiewenners vir die res van die jaar. Saterdag was dit die sesde kompetisie vir die jaar en die volgende hengelaars (alfabeties) is behoorlik in wedywering met mekaar om die voorste posisies te bekleë: Arno van der Merwe, Louis Otto, Maynard van Niekerk (Snr), Morne Olivier, Oubaas Lesch en Sihan Toua. Die aand ná die dag se hengel-opwinding is op die gebruiklike manier met ‘n  gesellige saamkuiergeleentheid afgesluit. Die Klubbestuur dra graag hul dank oor aan Rian Conradie en Antjie Claassen vir die lekker sop (met baie vleis) wat voorgesit is, met die varsgebakte brood en korrelkonfyt wat ook ‘n  wenner was.

Tans is die klub hard aan die reëlings tref vir hul kompetisie in Stilbaai gedurende September. Gerrie van der Merwe van Battery Centre in Kuilsrivier het ruim geborg om hierdie kompetisie teen Stilbaai moontlik te kon maak. Dit sal terselfdertyd ook die klub se eerste familie-naweek wees, wat nou ‘n  jaarlikse instelling gaan word. “Ek wil almal baie geluk wens met die mooi vangste….en gaan kyk ook gerus na ons Facebook-blad vir foto’s,” sê Frans.

Vir navrae rakende Overberg Kushengelklub kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n  epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha

Overberg Kushengelaars se suksesse

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles