Vulstasie op Stanford

Vulstasie op Stanford

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Aansoek vir die vergunningsgebruik om ‘n vulstasie op die perseel van Overberg Agri in Stanford te bedryf, is goedgekeur asook die wysiging van ‘n beperkende artikel in die bestaande notariële akte wat die onderneming in staat sal stel om brandstof aan die algemene publiek te verkoop.

Kennis van die aansoek is aan belanghebbers en in die plaaslike media gegee.  Twee besware is ontvang, maar verwerp omdat dit gemik was op beskerming teen mededingende handel, wat nie ‘n aanvaarbare rede in terme van grondgebruiksaansoeke is nie. Die grond is in 1981 deur ‘n landboukoöperasie aangekoop met die doel om brandstof en landboutoerusting aan boere te verkoop en in die notariële akte is spesifiek bepaal dat brandstof nie aan die algemene publiek verkoop mag word nie. Die rede daarvoor was dat brandstof aan die landboubedryf op daardie tydstip deur die Staat gesubsidieer was, wat nie meer die geval is nie. Die eienaars beoog om die vulstasie op te gradeer deur ondergrondse tenks te installeer en meer bedieningseilande te skep.

Hoewel ‘n omgewingsimpakstudie nie nodig was nie, sal die omgewings-bestuursplan vir die terrein hersien word. Vanuit ‘n stads-beplanningsperspektief word die sekondêre gebruik van die grond as versoenbaar met die huidige sonering van die grond gesien en sal die vulstasie nie afbreuk doen aan die omliggende beboude omgewing nie. Die aansoek het egter finansiële implikasies ingehou want die grond is in 1981 teen ‘n nominale prys wat nie markverwant was nie, aan die koöperasie verkoop. Daar is op ‘n proses ooreengekom om ‘n kontantvergoeding vir die munisipaliteit te bepaal en ‘n skikkingsbedrag van R23 588,00 is deur die Raad aanvaar.

Alle koste rakende die verwydering van die beperkende voorwaardes sal deur die aansoeker gedra word en die planne vir die opgradering van die vulstasie moet aan die munisipaliteit vir goedkeuring voorgelê word.

Fanie Krige

Vulstasie op Stanford

Fanie Krige

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles