Nominasies vir 2013 Burgemeestertoekennings gevra

Nominasies vir 2013 Burgemeestertoekennings gevra

Gansbaai Courant

Overstrand Munisipaliteit is in die bevoorregte posisie dat van die land se beste talent in hierdie gebied woon of noue bande met die streek het. Vanweë hul verbintenis met die gebied, bevorder hulle nie net die beeld van Overstrand nie, maar ploeg baie van hulle vrywillig van hul tyd, geld en energie in ons gemeenskap terug.

Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie wil graag tydens die jaarlikse Aand van Uitnemendheid van die Munisipaliteit Overstrand wat vir 27 Augustus 2013 beplan word aan sulke uitblinkers erkenning gee.

Weer eens word al die jaarlikse toekennings van Overstrand by vanjaar se geleentheid ingesluit: Die Burgemeesterstrofee vir Omgewingsbewaring, die Vrou(e) van die Jaar en dié vir Uitblinkers.

Die kompetisie vir die gesogte Burgemeesterstrofee vir Omgewingsbewaring word deur die Whale Coast Conservation hanteer. Nominasies daarvoor sluit op 31 Julie 2012.

Nominasies van Overstrand-vroue wat ’n verskil in hulle omgewing maak en in aanmerking behoort te kom vir ’n Vrou van die Jaar-toekenning, moet voor of op Vrydag 19 Julie 2013 aan Elize Verrij by everrij@overstrand.gov.za  gestuur word.’n Kort motivering en kontakbesonderhede van sowel die nomineerder as die kandidaat is al wat nodig is.

Gemeenskapsuitblinkers word deur raadslede geïdentifiseer en aan die Burgemeester vir oorweging voorgelê. Lede van die publiek is welkom om hul raadslede of die Burgemeesterskantoor met voorstelle te nader. Die sluitingsdatum hiervoor is ook Vrydag 19 Julie 2013.

Fanie Krige

Nominasies vir 2013 Burgemeestertoekennings gevra

Fanie Krige

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles