SAPD en Santa Shoebox

SAPD en Santa Shoebox

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr is sers Adele Visser, Wendie Cleary, Sandy Fairclough, Zelda Lipman, Neziswa Nkubu, Sandiswa Madwayi, Lucille Mangiagalli, Connie Thomas en kapt Gerda Groenewald saam met Masakhane Créche se kleuters

Masakhane Crechè is onlangs geregistreer as deel van die Santa Shoebox Project wat nou verseker dat die kleuters gedurende die Kersgety by dié projek sal baat vind. Aan die stuur van sake is twee Gansbaaiers wat as lede geregistreer is, naamlik sers Adele Visser en Lucille Mangiagalli, voorsitter van die Hermanus Cluster Community Police Forum, met Connie Thomas, sekretaresse van die Masakhane Community Police Sub Forum, wat hand-aan-hand saam met hulle werk. Gansbaai Courant sal teen die einde van Augustus meer besonderhede publiseer. Masakhane Crechè is onlangs deur lede van die projek, Wendie Cleary (Hermanus koördineerder), Zelda Lipman en Sandy Fairclough besoek en elke kleuter het ‘n warm mussie vir die koue winter ontvang. Neziswa Nkubu en Sandiswa Madwayi van die crèch het die besoekers ontvang. Neziswa het die besoekers oor hulle aktiwiteite ingelig en ook gemeld dat hulle tans 60 kleuters huisves. Adele, Lucille en Connie het die besoekers vergesel, terwyl kapt Gerda Groenewald Gansbaai SAPD se Stasiebevelvoerder verteenwoordig het. Groot opgewondenheid het onder die keluters geheers en daar is ook spontaan vir die besoekers gesing. “The Santa Shoebox Project is an inspiring community initiative of the Kidz2Kidz Trust that co-ordinates the donation, collection and distribution of personalized gifts at Christmas time to underprivileged children across South Africa and Namibia,” het Wendie gesê.

Vir meer besonderhede rakende die Santa Shoebox Project kan die webtuiste www.santashoebox.co.za besoek word.

Hardus Botha
 

Kapt Gerda Groenewald “in gesprek” met een van Masakhane Créche se kleuters met sy nuwe mussie

SAPD en Santa Shoebox

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles