Mooiloop met Valiant en Denvor

Mooiloop met Valiant en Denvor

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Anton Goosen het as gaskunstenaar tydens Valiant Swart en Denvor Phokaners se opname vir SABC2 in Gansbaai opgetree. Valiant en Denvor is die aanbieders van die nuwe TV-program van sowat 26 weeklikse episodes, Mooiloop, wat reeds in die plek van Pasella op Woensdae gebeeldsend word. Dit is ‘n nuwe reis- en leefstylreeks en die doel van die program is om op plattelandse dorpe te fokus. Die twee aanbieders “deurkruis die platteland op ‘n ontdekkingstog na die hart en siel van Suid-Afrika en sy mense.” Gansbaai was die agste opname vir die program en behoort gedurende Augustus gebeeldsend te word.

Vlnr is Anton Goosen, Denvor Phokaners en Valiant Swart tydens ‘n opname in The Boathouse Restaurant vir die nuwe TV2-program, Mooiloop

Gerrit Rautenbach, navorser van die onderskeie dorpe en redakteur van die Mooiloop-webtuiste, het die fokuspunt van die program só opgesom: “Een dag in die lewe van ‘n dorp.” Verskeie persone en besienswaardighede in en om Gansbaai, asook in Baardskeerdersbos, is deur die filmspan en aanbieders besoek en etlike onderhoude is gevoer. Gerrit het relevante inligting vir die basis van hulle Gansbaai-besoeke by Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, gekry. Die detail van die verskillende opnames word op Gerrit se versoek verswyg. “Eerstens omdat alle onderhoude, weens verskillende omstandighede, nie noodwendig altyd by die program ingesluit word nie en tweedens moet dít wat wel gebeeldsend word, ‘n verassing vir die gemeenskap wees,” het hy gesê. Gansbaai Courant het wel tydens die opname van Anton Goosen in gesprek met Valiant en Denvor in The Boat House Restaurant in Gansbaai hawe gaan inloer.

Gansbaaiers kan die Mooiloopprogram gedurende Augustus op Woensdagaande om 19:30 vir die Gansbaai-onderhoude dophou om te sien met wie daar almal onderhoude gevoer is en waaroor daar alles gepraat en na gekyk is.          
                            
Hardus Botha


 

Mooiloop met Valiant en Denvor

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles