Gesamentlike Erediens

Gesamentlike Erediens

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Afgevaardigdes aan die Nagmaaltafel tydens die gesamentlike Erediens in Blompark. Inlas: Ds Dennis Naidoo wat die gesamentlike Erediens gelei het

Die gesamentlike Erediens en bediening van die Heilige Nagmaal tussen die onderskeie NG- en VGK-gemeentes was goed verteenwoordigend. Ds Dennis Naidoo het die diens gelei en Luk 1:2-25 as Skrifgedeelte gebruik. Sy tema het op die emosionele skade wat mense berokken word, gefokus. Hy het na die bejaarde priester, Sagaria en sy eggenote, Elisabeth se moedeloosheid oor hulle kinderloosheid verwys. “Ondanks hierdie moedelose omstandighede wat hulle sonder ‘n nageslag gelaat het en Elisabeth se smart oor haar onvrugbaarheid, het hulle steeds ‘n toegewyde, gelowige en onberispelike bestaan voor God gevoer,” het ds Naidoo gesê. Met die aankondiging dat Elisabeth ‘n seun gaan baar, het twyfel by Sagaria ingetree en hy is met stomheid geslaan en het eers 8 dae ná die seuntjie se geboorte weer gepraat toe hy moes sê dat die seuntjie se naam “Johannes” sal wees. Daarteenoor was Elisabeth se onmiddelike reaksie: “Die Here het dit vir my gedoen!”

Ds Naidoo het voorts gesê dat die mensdom gereeld huiwerig is om te sê wat die Here wil hê, terwyl Sagaria God geprys het deur te sê: “Loofwaardig is die Here!” Die NGK-Kerkkoor onder leiding van Aletta Lochner het die bekende lied, “Battle Hymn”, gesing, met die VGK-Kerkkantoor onder leiding van Nita Faber wat “In the Garden” en “Belief for Africa” gesing het. “Die kerk was vol van verteenwoordigers van die gemeentes, met ‘n mooi gees van onderlinge samehorigheid en wat opvallend was, was die spontane samesang, sonder begeleiding, van die gemeente tydens die uitdeel van die Nagmaaltekens, asook tydens die kollekte-opname, sonder dat dit as enigsins steurend ervaar is,” vertel Annaleen Swart.

Hardus Botha



Die VGK-Kerkkoor tydens die gesamentlike Erediens in Blompark

Gesamentlike Erediens

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles