10 Jr vir Pearly Beach NGK

10 Jr vir Pearly Beach NGK

Gansbaai Courant

Petrus du Preez, ds Stoney Coetzee en ds Dirk van Dyk

Die sykant van Pearly Beach NG-Kerk waar die saalgedeelte aangebou is

“Ek sien die 10-jarige bestaan en die gebou van Pearly Beach NG-gemeente as deel van God se Genade,” het ds Dirk van Dyk, NG-leraar tydens Pearly Beach NG-gemeente se 10de verjaardagvieringe gesê. “Ek hou Fil 1:3-6 aan julle voor: Ek (ons) dank my (ons) God elke maal as ek (ons) aan julle dink…!”

Alta van Niekerk, Vrouediens Streeksleier, sny die 10de verjaardagkoek van Pearly Beach NG-gemeente

Ds van Dyk, wat met verlof is, het die verrigtinge bygewoon en boodskappe van gelukwense namens die NG-Moedergemeente in Gansbaai en Baardskeerdersbos aan die gemeente oorgedra. Die Leierouderling, Petrus du Preez het die gemeentelede verwelkom en na die gemeente as “meelewend” vir die afgelope 10 jaar verwys. Ds Stoney Coetzee het die Erediens waargeneem en sy boodskap op Matt 3 baseer. “Ons nie slegs vir verjaardagvieringe hier bymekaar nie, maar in die eerste plek met die Evangelie-boodskap - Dra die vrugte van die Gees, want ‘n boom word aan sy vrugte geken. Die dra van goeie vrugte is ‘n teken van ‘n nuwe lewe wat met vreugde in Christus gevul is.” Die NG-Kerkkoor onder leiding van Aletta Lochner en met orrelbegeleiding deur Annelene Reinke, het die bekende “Battle Hymn” gesing. Gedurende 1991 is daar met 1 Erediens per maand begin, wat later na 2 vermeerder is. Die gemeente het deurgaans vooruit beweeg en op 14 Junie 2003 is die nuwe kerk(saal) ingewy. Ds Willie Kotze het destyds die volgende gesê: “Die eerste setlaars wat in ±1675 hier verbygetrek het, het saans om hul kampvuur huisgodsdiens gehou en later het die boere van die omgewing onder die melkhout-bome uitgekamp en saans saam aanbid en gesing.

Die NG-kerkkoor op hul stukke met die “Battle Hymn”

” Na afloop van die seremoniële deel van die byeenkoms, het Alta van Niekerk, Vrouediens Streeksleier, die 10-jarige Verjaardagkoek gesny, waarna gemeentelede en gaste gesellig met verversings saamgekuier het.
Hardus Botha



Gesellige oomblikke in die nuut-aangeboude saal van Pearly Beach NG-gemeente
 

10 Jr vir Pearly Beach NGK

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles