10 Jr vir Pearly Beach NGK

10 Jr vir Pearly Beach NGK

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Petrus du Preez, ds Stoney Coetzee en ds Dirk van Dyk

Die sykant van Pearly Beach NG-Kerk waar die saalgedeelte aangebou is

“Ek sien die 10-jarige bestaan en die gebou van Pearly Beach NG-gemeente as deel van God se Genade,” het ds Dirk van Dyk, NG-leraar tydens Pearly Beach NG-gemeente se 10de verjaardagvieringe gesê. “Ek hou Fil 1:3-6 aan julle voor: Ek (ons) dank my (ons) God elke maal as ek (ons) aan julle dink…!”

Alta van Niekerk, Vrouediens Streeksleier, sny die 10de verjaardagkoek van Pearly Beach NG-gemeente

Ds van Dyk, wat met verlof is, het die verrigtinge bygewoon en boodskappe van gelukwense namens die NG-Moedergemeente in Gansbaai en Baardskeerdersbos aan die gemeente oorgedra. Die Leierouderling, Petrus du Preez het die gemeentelede verwelkom en na die gemeente as “meelewend” vir die afgelope 10 jaar verwys. Ds Stoney Coetzee het die Erediens waargeneem en sy boodskap op Matt 3 baseer. “Ons nie slegs vir verjaardagvieringe hier bymekaar nie, maar in die eerste plek met die Evangelie-boodskap - Dra die vrugte van die Gees, want ‘n boom word aan sy vrugte geken. Die dra van goeie vrugte is ‘n teken van ‘n nuwe lewe wat met vreugde in Christus gevul is.” Die NG-Kerkkoor onder leiding van Aletta Lochner en met orrelbegeleiding deur Annelene Reinke, het die bekende “Battle Hymn” gesing. Gedurende 1991 is daar met 1 Erediens per maand begin, wat later na 2 vermeerder is. Die gemeente het deurgaans vooruit beweeg en op 14 Junie 2003 is die nuwe kerk(saal) ingewy. Ds Willie Kotze het destyds die volgende gesê: “Die eerste setlaars wat in ±1675 hier verbygetrek het, het saans om hul kampvuur huisgodsdiens gehou en later het die boere van die omgewing onder die melkhout-bome uitgekamp en saans saam aanbid en gesing.

Die NG-kerkkoor op hul stukke met die “Battle Hymn”

” Na afloop van die seremoniële deel van die byeenkoms, het Alta van Niekerk, Vrouediens Streeksleier, die 10-jarige Verjaardagkoek gesny, waarna gemeentelede en gaste gesellig met verversings saamgekuier het.
Hardus Botha



Gesellige oomblikke in die nuut-aangeboude saal van Pearly Beach NG-gemeente
 

10 Jr vir Pearly Beach NGK

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles