Skoolhoof groet Okkie Smuts

Skoolhoof groet Okkie Smuts

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News


Laerskool Okkie Smuts se voormalige skoolhoof, Chris Delport saam met sy eggenote, Adrienne, sy dogter Mikayla en sy seun Keenan

“Bykans vier jaar gelede het ek die pos as prinsipaal by die klein skooltjie met die groot hart aanvaar, en wat ‘n fantastiese tyd was dit nie,” was deel van Chris Delport, voormalige skoolhoof van Laerskool Okkie Smuts se afskeidswoorde. Chris het ‘n skoolhoofpos te Kosie de Wet Primêr in Villiersdorp met ingang van 15 Julie vanjaar aanvaar. “Ek glo dis ‘n roeping, aangesien ek baie getwyfel het, maar my antwoord het van Bo gekom en nou is ons daarheen op pad.”

Een van die onderwysers, Willie de Waal, het met almal se samewerking vir ‘n gesellige afskeidsete te Tolbos Bistro van Anmarie Watney gesorg. Haar billike en goeie keuse-spyskaart, met die bekwame Wayne Devitt as sjef, het gesorg dat die groot groep Stanford-gaste baie tevrede was. Die egpaar se seun, Keenan en hulle dogter, Mikayla, het die geleentheid ook bygewoon. ‘n Verdere verrassing vir Chris en sy eggenote, Adrienne, was dat Roelof Diener van Aire del Mar Gastehuis in Kleinbaai ‘n nag met bed & ontbyt vir hulle geborg het. “Dit was ‘n groot verrassing vir hulle toe hulle verneem dat hulle nie nodig gehad het om dieselfde nag na Stanford terug te keer nie,” vertel Willie. Hy het vooraf vir die leerders en onderwysers gevra om slegs 5 woorde as beskrywing van Chris neer te skryf. Woorde soos “vriendelikheid, humor, stylvol, mens-mens, geduld, opregtheid, opofferend, positief en gemotiveerd, diplomaties, toegewyd…..en sexy in ‘n pienk hemp!” is maar enkele voorbeelde. Willie, wat as seremoniemeester opgetree het, het gesê: “Dit is duidelik dat u enig in u soort is! U plek gaan leeg wees en u stem stil!”

Op sy beurt het Chris onder andere gesê: “Ek is dankbaar dat ek van die begin af met ope arms ontvang is en ek het groot waardering vir ‘n fantastiese beheerliggaam, personeel, leerders, ouers en ‘n gemeenskap op wie ek altyd kon steun.” Felicity Beukes sal intussen as waarnemende skoolhoof optree.      
                                                         
Hardus Botha 

Skoolhoof groet Okkie Smuts

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles