Agulhaskus se Golgotha

Agulhaskus se Golgotha

Gansbaai Courant

Met die aanloop tot die bou van die Agulhas vuurtoring is daar met reg na die kusgebied as ‘n Golgotha verwys. “Die kuslyn en waters wat bestryk word deur die lig van die Kaap Agulhas Vuurtoring is een van die geheimsinnigste gebiede in Suid-Afrika,” skryf Wium van Zyl, redakteur van die boek en ook bekende in letterkundige kringe in die Voorwoord.

Jeannette Grobbelaar, skrywer van die boek Golgotha van die Oseane - Skeepsrampe aan die Agulhas-kus, tydens die bekendstelling van haar boek, staan hier voor die Meisho Maru wat in 1982 naby die Agulhas Vuurtoring gestrand het

Jeannette Grobbelaar, voormalige en jarelange kurator van die Skeepswrakmuseum in Bredasdorp, is die skrywer van die boek, Golgotha van die Oseane - Skeepsrampe aan die Agulhas-kus (Inset Uitgewers - 2012). Jeannette slaag daarin om die leser met deeglike feite-inligting van 118 skeepswrakke aan die Agulhas-kus in te lig. Terselfdertyd sluit sy die menslike element van skipbreukelinge se angs en wanhoop daarby in. “Niks in hierdie verband is verdigsels nie, behalwe waar dit gaan om sommige mondelinge oorlewerings van gegewens deur ooggetuies of deur oorlewendes wat geboekstaaf is, en as sodanig aangebied word,” skryf prof Carl Lohann.

As gevolg van die enorme omvang van die skeepsrampgeskiedenis vanaf Kaappunt tot Kaap Infanta, het Jeannette besluit om slegs oor die gebied binne die reikwydte van die helder ligstraal van die Agulhas vuurtoring verslag te doen. Vir groter duidelikheid, het sy die indeling van die gebied volgens vyf bakens gedoen, insluitend ‘n gebiedskaart wat die bakens aandui. Hierdie gebiede, met die aantal skeepswrakke in hakkies, is: Quion Point (30), Agulhas (32), Struisbaai (28), Struispunt (19), Ryspunt (6) en Skipskop (4). Jeannette begin eers met ‘n breedvoerige verwysing na vele vroeëre kompasprobleme en navigasiefoute, waar daar reeds in die vroegste dae van navigasie rondom die Suidpunt van Afrika sprake van probleme met die funksionering van skeepsinstrumente was. Daarom is dit waarskynlik dat die naam van die Suidelikste Kaap, Cabo das Agulhas (Portugees vir Kaap van die Naalde), gekoppel kan word aan destydse onverklaarbare afwykings van kompasnaalde wat na bewering gelei het tot afwykings van roetes en rigtingfoute. Sy verwys ook na die “spookskip” van internasionale faam, die Vliegende Hollander.

Belangstellendes kan die Skeepswrakmuseum in Bredasdorp by 028-424-1240 skakel, of vir Jeannette Grobbelaar by 082-642-2911.

Hardus Botha

 

Agulhaskus se Golgotha

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles