Agulhaskus se Golgotha

Agulhaskus se Golgotha

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Met die aanloop tot die bou van die Agulhas vuurtoring is daar met reg na die kusgebied as ‘n Golgotha verwys. “Die kuslyn en waters wat bestryk word deur die lig van die Kaap Agulhas Vuurtoring is een van die geheimsinnigste gebiede in Suid-Afrika,” skryf Wium van Zyl, redakteur van die boek en ook bekende in letterkundige kringe in die Voorwoord.

Jeannette Grobbelaar, skrywer van die boek Golgotha van die Oseane - Skeepsrampe aan die Agulhas-kus, tydens die bekendstelling van haar boek, staan hier voor die Meisho Maru wat in 1982 naby die Agulhas Vuurtoring gestrand het

Jeannette Grobbelaar, voormalige en jarelange kurator van die Skeepswrakmuseum in Bredasdorp, is die skrywer van die boek, Golgotha van die Oseane - Skeepsrampe aan die Agulhas-kus (Inset Uitgewers - 2012). Jeannette slaag daarin om die leser met deeglike feite-inligting van 118 skeepswrakke aan die Agulhas-kus in te lig. Terselfdertyd sluit sy die menslike element van skipbreukelinge se angs en wanhoop daarby in. “Niks in hierdie verband is verdigsels nie, behalwe waar dit gaan om sommige mondelinge oorlewerings van gegewens deur ooggetuies of deur oorlewendes wat geboekstaaf is, en as sodanig aangebied word,” skryf prof Carl Lohann.

As gevolg van die enorme omvang van die skeepsrampgeskiedenis vanaf Kaappunt tot Kaap Infanta, het Jeannette besluit om slegs oor die gebied binne die reikwydte van die helder ligstraal van die Agulhas vuurtoring verslag te doen. Vir groter duidelikheid, het sy die indeling van die gebied volgens vyf bakens gedoen, insluitend ‘n gebiedskaart wat die bakens aandui. Hierdie gebiede, met die aantal skeepswrakke in hakkies, is: Quion Point (30), Agulhas (32), Struisbaai (28), Struispunt (19), Ryspunt (6) en Skipskop (4). Jeannette begin eers met ‘n breedvoerige verwysing na vele vroeëre kompasprobleme en navigasiefoute, waar daar reeds in die vroegste dae van navigasie rondom die Suidpunt van Afrika sprake van probleme met die funksionering van skeepsinstrumente was. Daarom is dit waarskynlik dat die naam van die Suidelikste Kaap, Cabo das Agulhas (Portugees vir Kaap van die Naalde), gekoppel kan word aan destydse onverklaarbare afwykings van kompasnaalde wat na bewering gelei het tot afwykings van roetes en rigtingfoute. Sy verwys ook na die “spookskip” van internasionale faam, die Vliegende Hollander.

Belangstellendes kan die Skeepswrakmuseum in Bredasdorp by 028-424-1240 skakel, of vir Jeannette Grobbelaar by 082-642-2911.

Hardus Botha

 

Agulhaskus se Golgotha

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles