Woes Toekenning vir ons Carine

Woes Toekenning vir ons Carine

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Carine Badenhorst (regs), rubriekskrywer van Suikerbrood en Suurvye in die Gansbaai Courant het ‘n   toekenning deur Woes ontvang. Sy het in Junie ‘n  tweede plek vir haar bydrae "Al die kleure pers en rooi," wat in hierdie uitgawe verskyn, ontvang. Ons lesers is bevoorreg om weekliks haar hoë standard rubriek te lees. Oor haar skryfwêreld het sy die volgende gesê: "Woes is ‘n  webstasie waar alle liefhebbers van Afrikaanse woorde met hulle skryfsels kan gaan afklim.  Verskillende lidmaatskap opsies  wissel vanaf gratis besoek, waar jy alle bydraes kan lees en kommentaar kan lewer; ‘n  gratis bydrae opsie waar jy jou skryfsels kan publiseer en ‘n  betaalopsie met eindelose voordele vir skrywers. Daar is ook ‘n  boekwinkel waar jy skrywers se selfgepubliseerde boeke kan koop. Woes is ‘n  skrywersgemeenskap waar jy kan vriende maak en saamgesels oor die rondgooi van woorde. Projekte en kompetisies dien as aansporing vir bydraers aan Woes. Tans is die ledetal van digters die hoogste (17856) met bydraers in die Rubriek kategorie tweede hoogste met 1819 lede. Daarbenewens kan Artikels, Jeugverhale, Kortverhale, Musiek en liriek, Gorrel (algemene gedagtes) en Resensies gepubliseer word.

Ek verkies Woes omdat dit ‘n  skoon platform is. Alhoewel van my werk ook op Litnet verskyn het, vind ek laasgenoemde te regs, te liberaal en te kru, nie die soort van werf waar ek graag wil skrop nie. Ek is al vir ses jaar ‘n  woestyner, maar omdat ek vir ‘n  lang tyd onaktief was, lê my vorige geskrifte iewers in Woes se argief. Dit sluit heelwat gedigte, sowel as ‘n  kortverhaal (dalk meer) in. Wanneer ek eendag my lidmaatskap opgradeer kan ek hulle afstof en weer op die Woes-rak plaas. My groot liefde is egter rubrieke, sketse en essays. En ‘n  dikke outobiografiese fiksie wat jare lank al op die hardeskyf van my rekenaar en ‘n  stoorstokkie wag om afgerond te word.

Die geskrewe woord lê my na aan die hart. Geen prentjiebeeld kan kers vashou by die prentjie wat mens in jou verbeelding vorm wanneer jy lees nie. Jy maak slaafs vrede met die heldin se kleredrag op die skerm van die kassie, maar wanneer jy jou eie beeld vorm, is sy net meer romanties aangetrek wanneer sy haar in die man van haar drome vasloop.

Om self te skryf gee jou vrye teuels. Jy kan jou karakter bou soos wat jy hom wil hê. Andersins, roep jy ‘n  bekende karakter uit jou verlede op en skets hom soos wat jy hom onthou.

Kinders moet op skool aangemoedig word om te skryf, al is dit net die byhou van ‘n  joernaal waarin hulle geheimpies uitgestort word. Wanneer ‘n  mens jou gedagtes in swart op wit sien, is dit alreeds terapie vir ‘n  siel wat worstel met allerlei vrae en ingehoue emosies.  Dit is trouens waar ek begin het: in die bruin leer dagboekie met die klein slotjie en sleuteltjie.  My opstelle was altyd uit die hart geskryf.  Op aandrang van my standerd ses (graad agt) klasonderwyser het my ma my ingeskryf vir ‘n  kursus in die skryf van kortverhale en joernalistiek wat ek in standerd sewe (graad 9) voltooi het.

Ek is geen litirêre skrywer nie en alhoewel Letterkunde my sterkste skoolvak was, het ek geen behoefte om hooge Afrikaans te skryf nie. Noem my liewer ‘n  papiergeselser. Op my manier, soos dit in my Strandveldbloed vloei. Dieselfde bloed - alhoewel heelwat verdun - wat ook in die are van ou Dokter Con Viljee, Audrey Blignaut en SD Fourie vloei. Dalk is dit die Uilkraalsrivier se water wat ons voorsate gedrink het!"

Francois de Jongh

Woes Toekenning vir ons Carine

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles