Opleiding vir die Entrepreneur en dit is GRATIS

Opleiding vir die Entrepreneur en dit is GRATIS

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Soos verlede week reeds aangekondig, bied Gansbaai Sakekamer in Augustus 2013 ‘n entrepreneurskapkursus aan vir daardie persone wat nog altyd gedroom het om sy of haar eie besigheid te begin, maar nie die moed of kennis gehad het om dit aan te pak nie.
Hierdie kursus word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) wat ook die finansiering van die kursus behartig. Die 25 gelukkige kususgangers wat vir hierdie besondere voorreg gekeur word, se kursusfooie van R3000 per persoon word ten volle deur die AHI betaal. Die Sakekamer sal die opleidingslokaal voorsien en sekere aspek ten opsigte van die aanbieding van die kursus fasiliteer en  finansier.

Dr Johan Louw van die Corporate Development Foundation bied die kursus aan en getuig dat die kursus primêr prakties (“hands on” en “street wise”) is en nie noodwendig akademies nie. Navorsing het oor en oor bewys dat sukses in entrepreneurskap nie bepaal word deur akademiese uitslae nie, maar eerder deur gesindheid, goeie spanwerk en die toepas van basiese besigheidsbeginsels. Daarom is hierdie kursus uniek en baie populêr. Dis al verskeie kere in Suid Afrika en SADC-lande aangebied en die terugvoering was deurgaans baie positief – aldus Dr Louw.

Voornemende kursusgangers moet oor minstens Graad 12 beskik en Afrikaans en Engels magtig wees. Kandidate sal vooraf gekeur word en moet bereid wees om vir ‘n volle vyf dae in die week 12 Augustus 2013 die kursus te deurloop. Dit bestaan uit 8 modules wat onderwerpe soos die beginsels van entrepreneurskap, identifisering van geleenthede, bemarking, basiese rekenkundige beginsels en so meer insluit.
Geen eksamen of werkopdragte word vereis nie, maar ‘n bywoningsertifikaat sal tydens ‘n oorhandigingsgeleentheid oorhandig word.

Alle belangstellendes kan met die Voorsitter van die Gansbaai Sakekamer, Fanie Bothma, skakel by faniebothma@mweb.co.za  om aansoek te doen.            
                       
Harry de Jager

Opleiding vir die Entrepreneur en dit is GRATIS

Harry de Jager

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles