Strandveld Museum Se Afskeid Begin

Strandveld Museum Se Afskeid Begin

Gans-Berg Nuus / News

Strandveld Museum Se Afskeid Begin

Die afskeid van die museum is nie maklik nie, maar die hulp en bystand van ver buite die grense van Gansbaai maak dit tog makliker. Voorlopig het ek staanplek gekry by twee ander museums.

image left

Philip (Bokkie) Fourie het ʼn sopskottel kom afhaal wat deur Des (Mannetjie) Fourie jare gelede aan die museum geleen is. Die skotteltjie was in sy jare in die museum ʼn gewilde artikel, selfs op televisie verskyn en is ook verewig in Dine van Zyl se Boerekos resepteboek.

Binne in die skotteltjie was ʼn berig deur sy ouma, Adie Fourie, ook die oorspronklike eienaar van die sopskottel. Dit het in die Fyngoud van September 1959 verskyn en die vergeelde knipsel het nogsteeds behoue gebly. In die skotteltjie. Dit is so ʼn wesenlike stukkie geskiedenis uit die verlede dat ek dit woordeliks aanhaal (sonder enige wysiging):

“Terwyl ek hier uit my kamer sit en tuur oor die see met sy nukke en grille, dink ek daaraan om net so een en ander van die lewe van ʼn visser te vertel. Die visserman lei ʼn opwindende lewe. Sy inkomste wissel soos die grille van die see. Is die see in een van sy woeste buie, dan is ons dorpie stil asof die visser ook in ʼn slegte bui is. Maar die dag wanneer die bote uitvaar en soos swane die een agter die ander tou, dan lewe alles.

Hulle kom terug met gelaaide skuite en die oë glinster. Hoeveel is daar nie wat neersien op die visserman as ʼn arm, eenvoudige mens nie. Ja, selfs hier in ons samelewinkie is daar diegene wat nie onder die vissers getel wil wees nie. Maar moes hulle al ooit die woeste see trotseer? Wie van hulle het al die moeite gedoen om in die oggend tussen drie- en vieruur op te staan en met die visser saam in die donker uit te vaar? Ja, dis dan koud in die winter, maar die visserman se hart klop warm by die vooruitsig van ʼn goeie vangs. Het daardie mense al ooit die skuite dopgehou wanneer die opvarendes moet worstel met die woeste see?

Weerloos in die skuitjies wat hul kans moet afwag om tussen die gevaarlike branders deur te land terwyl vrouens en kindertjies angstig toekyk? En moenie glo hulle is almal arm en eenvoudig nie. Onder hulle is voortreflike manne, van goeie afkoms wat hul plek vol staan in die samelewing. 

Mev. A. Fourie, Van Dykstraat, Gansbaai.”

Ek wil net graag weer versoek dat alle bruikleen artikels voor 15 Mei 2022 afgehaal word. Daarna sal alles na ander museums verskuif word.

Reël asseblief by die volgende kontak besonderhede:

SD Fourie: 0822558509
E-pos: sophiafourie44@gmail.com
(In die vorige uitgawe was die e-posadres foutief - my skuld! SD.)

Strandveld Museum Se Afskeid Begin

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles