Blog

Francette Cillie-Malan se 10de jaar van Winterwarmte

Francette Cillie-Malan se 10de jaar van Winterwarmte

Gans-Berg Nuus / News

Francette Cillie-Malan se 10de jaar van Winterwarmte

- Beverley Hills -

“Ek het voorberei om vandag 110 kinders hier in Beverley Hills elk van 'n trui en 'n gebreide kepsies te voorsien,” vertel Francette Cillie-Malan. Met Gans-Berg Nuus se besoek aan Francette, was daar alreeds meer as 60 opgewonde kinders, met baie wat nog op pad was daarheen.

Vanjaar se uitdeel van 100 truie en 100 gebreide kepsies het op Woensdag, 30 Maart 2022 plaasgevind. Nogal tydrowend, dié storie, aangesien die truie eers gepas moet word. Dan is daar nog kleur-voorkeure ook! As 'n ekstratjie het elke kind ook nog 'n smaaklike Warmbrak (Hotdog) gekry.

Dit is Francette se 10de jaar om truie en gebreide kepsies uit te deel. Sy het jaarliks self al die truitjies en kepsies gebrei. In haar eerste jaar het sy 110 truie vir Gansbaai Kliniek gebrei en daarna oorgeslaan na Beverley Hills. “Na my kinders se verhuising het eensaamheid my na die breiery gedryf,” vertel sy glimlaggend. “Destyds het Ria van der Merwe my baie met die jaarlikse breiwerk ondersteun.” Francette sê dat sy dankbaar is teenoor haar buurvrou, Tessa Jordaan wat haar nou sowat 2 jaar lank met die breiwerk help. “Dit is baie werk gedurende die jaar, maar die satisfaksie is baie groot om soveel dankbare gesiggies te sien wanneer hulle die nuwe truitjies en kepsies ontvang het,” het Francette gesê.

 
Hardus Botha
 
Francette Cillie-Malan se 10de jaar van Winterwarmte

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles