Blog

Van 'Kwaailappies' na 'Pikkie' vir Boothengel

Van 'Kwaailappies' na 'Pikkie' vir Boothengel

Gans-Berg Nuus / News

Van 'Kwaailappies' na 'Pikkie' vir Boothengel

-Albert Potgieter, alias Seemeeu-

Gans-Berg Nuus se voormalige en gereelde skrywer van die hengelrubriek, Seedinge (voorheen onder die skuilnaam, Seemeeu), Albert Potgieter (80), het wel verlede jaar sy 'hengelpen' neergelê, maar beslis nie sy liefde vir boothengel nie.

“Na baie jare van meestal groot bote, het ek onlangs besluit om af te skaal en het ek my boot, Kwaailappies II, verkoop en vir Pikkie (die naam spreek vanself!) aan die begin van April 2022 aangeskaf,” vertel Albert. Hy sê dat hy weet hy sal moet aanpas, want die bootjie is nie geskik vir wilde water nie. “Ek het al die nodige toerusting bekom en geïnstalleer en gaan met groot vertroue weer see toe - hoogtyd ook!”

“Ek sal noodgedwonge die ideale dae en weersomstandighede moet gebruik, maar ek voel baie geseënd om wel nog see toe te kan gaan,” het hy gesê. Hy het na 'n goeie Engelse gesegde verwys: “The proof is in the pudding!”

Oor Pikkie het Albert homself duidelik uitgedruk: “Pikkie is nié 'n 'amperbootjie' nie, hulle is 3.3m bootjies en Pikkie is 3.5m en ek is gemagtig om 1km see-in te vaar.”

Nadat Albert verlede jaar met die hengelrubriek opgehou het, het hy daarna nog 'n reeks van Seedinge-herhalings vir publisering beskikbaargestel. “Ek sal nooit genoeg van die wondere van die see kry nie, juis omdat ek daar al soveel lewenswysheid ervaar het,” het Albert destyds aan die Gans-Berg Nuus gesê. “Maar my liefde vir die see loop hand aan hand met die nodige respek daarvoor, asook die versekerde wete in my dat daar 'n Skepper is terwyl jy op see is.”

Albert se bekende en geliefde bote, Kwaailappies I en II, was alombekend. Hy wou voorheen ook na 'n kleiner boot oorskakel en het vir Pikkenien aangeskaf. Maar vir die 80-jarige Albert was Pikkenien te klein en hy koop toe weer 'n groter boot, Shiloh. Nou het hy finaal besluit dit is ernstig tyd om af te skaal en berus hom nou by sy 3.5m Pikkie!... en wat sê sy geliefde (en geduldige!) eggenote, Marie oor die nuwigheid? “Ek gooi net my hande in die lug - sy liefde vir boothengel sal eers ophou die dag wanneer hy nie meer regop kan staan nie!”

 
Hardus Botha
 
Van 'Kwaailappies' na 'Pikkie' vir Boothengel

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles