Blog

Tyd om te groet + tyd om te verwelkom

Tyd om te groet + tyd om te verwelkom

Gans-Berg Nuus / News

Tyd om te groet + tyd om te verwelkom

“By ons was dit letterlik ‘n geval van ‘om te groet’ en ‘om te verwelkom’,” vertel Michelle van Zyl, eienaar van Gans-Berg Nuus. “Melissa van der Merwe gaan ons verlaat en Alethea Baytopp het by ons aangesluit.” Die amptelike datum van hierdie ommeswaai is 11 Mei 2022, maar Alethea het geruime tyd gelede al met haar opleiding by Melissa begin.

“Melissa was van dag een af saam met my toe ek die wilde perd van ‘n weeklikse, gemeenskapskoerant opgesaal het,” het Michelle gesê. “Ons het dus saam ‘n hele paar sakke sout opgeëet en deurgaans was sy ‘n ware staatmaker en ek wens haar net die beste toe met die besluit wat sy geneem het.” Michelle sê sy twyfel nie daaraan dat Alethea die regte aanstelling as grafiese ontwerper is nie. “Alethea het reeds gewys dat sy ‘n goeie keuse was. Sy is entoesiasties oor ons koerant en was ook ‘n vinnige leerder.”

 
Melissa van der Merwe (Regs)

Melissa was vanaf dag een saam met Michelle aktief by die begin en vooruitgang van Gans-Berg Nuus betrokke. Die eerste uitgawe het op 3 Julie 2020, in die pandemie-tydperk, op die rakke verskyn. Van toe af was dit net skouer aan die wiel en Melissa spog met meer as 100 uitgawes wat deur haar uitgelê is.

Met Gans-Berg Nuus se unieke resepteboek, was Melissa ook ‘n onmisbare regterhand vir Michelle. Dit was letterlik dag-en-nag om die spesiale resepteboek gereed te kry vir bekendstelling. 

Melissa is op 30 November 1990 in Worcester gebore, waar sy ook grootgeword het. Sy het ‘n pragtige dogtertjie, Lisa (8) wat in Gr 3 is. In 2009 het sy permanent na Gansbaai verhuis, waar sy aanvanklik as grafiese ontwerper by Grazy Design & Printing gewerk het. Sy sê haar passie in die lewe draai hoofsaaklik om grafiese ontwerp en fotografie. 

Melissa het groot toekomsplanne, maar wil nog nie alles verklap nie. “Ek gaan vir eers aangaan met grafiese ontwerp vanuit my woning, maar wag nog dat my eintlike toekomsplanne moet realiseer,” vertel sy en ‘zip’ haar mond net daar!

 
Alethea Baytopp (Links)

Alethea was ‘n bekende by Groeneweide Restaurant & Kwekery waar sy hulle Sosiale Media Bemarker was. Soos Melissa, is Alethea ook ‘n knap grafiese ontwerper met niks wat vir haar ‘rekenaarvingers’ verkeerd staan nie.

Alethea is op 21 Desember 1986 in die Kaap gebore, maar het in Pretoria grootgeword. In Augustus 2017 verhuis sy saam met haar ouers, Mike en Wilma Baytopp, permanent na Gansbaai. Op 19 Mei 2020 beswyk Wilma aan ‘n hartaanval en Alethea neem die huishouding saam met haar flukse pa oor. Sy het ‘n pragtige seun, Ethan (10), ‘n Gr 4 leerder aan Laerskool Gansbaai.

Soortgelyk as Melissa, is grafiese ontwerp en fotografie ook ‘n passie in Alethea se lewe. “Ek is ook baie lief vir sterrekunde, die see en die natuur,” vertel sy. “Ek sien baie uit na my nuwe verantwoordelikhede by Gans-Berg Nuus en beskou dit as ‘n groot uitdaging,” vertel sy opgewonde. Die kantoorpersoneel het Alethea reeds deeglik leer ken en sien daarna uit om saam met haar te werk.

Nou-ja, soos gesê, daar is ‘n tyd om te groet, maar gelukkig ook ‘n tyd om te verwelkom. “Alles wat mooi is vir jou, Melissa, en hartlik welkom aan jou, Alethea!” - Gans-Berg Nuus personeel. 

 
Hardus Botha

Foto: Links is Gans-Berg Nuus se nuwe grafiese ontwerper, Alethea Baytopp, saam met Melissa van der Merwe wat groet.

Tyd om te groet + tyd om te verwelkom

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stanford Canoe Club Represents South Africa

Stanford Canoe Club Represents South Africa

Sibongeleni CJ Mzimba has been part of the canoeing programme for 9 years.

Grootbos Foundation
You Don't Have to Keep Living This Way

You Don't Have to Keep Living This Way

Perhaps, over the past week, you have recognised yourself in these posts.

The Hidden Cost of Living Without Self-Worth

The Hidden Cost of Living Without Self-Worth

One of the greatest misconceptions about self-worth is that it only affects how we feel about ourselves.

Choose the Right Paint for High-Traffic Spaces

Choose the Right Paint for High-Traffic Spaces

Choosing the right paint is about more than colour, it's about durability, performance and long-lasting results.

When Anger Is Not the Problem

When Anger Is Not the Problem

Most people who struggle with anger are not naturally angry people.

Grootbos Foundation's Winter Holiday Programme

Grootbos Foundation's Winter Holiday Programme

It's the winter school holiday and Grootbos Foundation's coaches have changed gear to offer a daily holiday programme at Spaces4Sport. 

Grootbos Foundation
See All Articles