Eerste Gospel CD vir Eliza Felix

Eerste Gospel CD vir Eliza Felix

Gans-Berg Nuus / News

image left

Eerste Gospel CD vir Eliza Felix

“God is op die Troon”

“Ek is baie dankbaar dat ek na ‘n lang tyd my droom vir my eie Gospel CD kon verwesentlik,” vertel Eliza Felix. Haar eerste CD is onlangs vrygestel, met die gepaste naam: ‘God is op die Troon’, wat ook die eerste van 9 gospel-liedjies op die CD is.

Eliza se CD is reeds vrygestel en beskikbaar, maar word eers op 25 Junie 2022 amptelik bekendgestel.

Die geleentheid sal in Gansbaai Primêr se skoolsaal aangebied word. “Dit is ‘n geleentheid waarna ek baie uitsien,” vertel sy. “Ek het hoofsaaklik op my eie gewerk, maar befondsing is maar altyd ‘n probleem.”

Eliza is ‘n gebore Gansbaaier en was sowat 5 jaar gelede ‘n baie bekende lid van Ikamva Jeugontwikkeling saam met Yolandé Sauls. “Dit was goeie jare vir my gewees, aangesien ‘n baie lief is vir die jeug en gemeenskapswerk,” vertel Eliza. “Daarom wil ek ook nou op jeuglede met sangtalente fokus om hulle te help en te oortuig dat hulle ook groot hoogtes kan bereik.”

Eliza is met Andrias Felix getroud en die egpaar het 4 kinders. Sy dien ook op die Kerkraad van past Sampie Jacobs se Betel Ministries. Eliza werk al vir die afgelope 5 jaar as Assistent Bestuurder by Premier Fishing in die Protea Sentrum onder leiding van JP Coetzer.

Belangstellendes kan Eliza Felix by 078 476 1129 kontak.

 
Hardus Botha

Foto: Eliza Felix

Eerste Gospel CD vir Eliza Felix

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles