Home › Cape Whale Coast › Gansbaai › Local Stories › Community

BARC kry ‘n LSG-Pantoffeldag verrassing

BARC kry ‘n LSG-Pantoffeldag verrassing

Gans-Berg Nuus / News

BARC kry ‘n LSG-Pantoffeldag verrassing

Vrydag, 6 Mei 2022 was Pantoffeldag en die dra van pantoffels werk en skool toe het vir baie pret gesorg. Laerskool Gansbaai (LSG) se onderwysers en leerders het nie teruggestaan nie en hulle het met pantoffels skool toe gegaan.

Die inpirasie van Pantoffeldag was so groot, dat hulle net daar besluit het om fondse vir BARC (Birkenhead Animal Rescue Centre) in te samel. Nols Jonas, BARC se Veldwerker het van g’n sout of water geweet nie. 

“Ek het net ‘n oproep ontvang om ‘n draai by die laerskool te gaan maak,” vertel Nols. Daar aangekom, is hy deur die skoolhoof, Jonathan Doyle meegedeel dat die leerders spontaan en op eie inisiatief besluit het om fondse vir BARC in te samel. Die pragtige bedrag van R1 568.10 is aan Nols oorhandig, asook sakkies honde- en katkos. Dis nou wat spontaniteit is en dit nogal nie deur ‘n groot besigheid nie, net sommer uit die harte en op die ingewing van die oomblik deur LSG se leerders, waarvoor BARC baie, baie dankie sê!

 
Hardus Botha
Image 1
LSG se skoolhoof, Jonathan Doyle oorhandig die leerders se ‘Pantoffeldag-donasie’ aan Nols Jonas van BARC.
Image 2
...en oom Nols Jonas van BARC sê baie, baie dankie, LSG-leerders!
BARC kry ‘n LSG-Pantoffeldag verrassing

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles