Home › Cape Whale Coast › Gansbaai › Local Stories › Community
Blog

Historiese ‘1st Thursday’ vir Gansbaai

Historiese ‘1st Thursday’ vir Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Image

Historiese ‘1st Thursday’ vir Gansbaai

Die sogenaamde ‘1st Thursday’, elke drie maande, is ‘n geruime tyd voor Covid-19 deur die Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Annelie Rabie ingestel. Dit het ten doel om inwoners geleentheid te bied om letterlik enige vrae oor munisipale dienslewering te stel. 

Kort vóór die uitbreek van die pandemie, is ‘1st Thursday’-dae in Hermanus en Kleinmond aangebied. Die pandemie het die aanbieding in Gansbaai verhoed. Gansbaai se ‘geskiedkundige’ eerste dag het op Donderdag, 5 Mei 2022 in die Toerismekantoor plaasgevind. Die byeenkoms is goed deur inwoners met vrae bygewoon en geen vooraf besprekings was nodig nie. 

Die Burgemeester en haar span deskundiges het hulself ordelik in onderskeie groepe, volgens die verskillende Direktorate, verdeel. Dit het meegebring dat vrae deur inwoners direk aan die spesifieke Direktoraat-hoofde gestel kon word. Dr Rabie het elkeen van haar bestuurders, asook politici, persoonlik aan die besoekers voorgestel. “Op hierdie wyse kan ons eerstehands uitvind waar ons as munisipaliteit kan verbeter en ook om ons ekonomie en dienste te kan uitbrei,” het sy gesê. “Dit is ook die ideale geleentheid vir inwoners om direk kontak te maak met die politici, asook administratiewe-hoofde.”

Foto 1 (Regs): Raadsdame Riana de Coning, Raadsdame Annelie Rabie (Burgemeester), Dianne Galant
en die Munisipale Bestuurder, Dean O’Neill.
Foto 2 (Bo): Van die politieke verteenwoordigers in ‘n gemoedelike stemming.

 
Hardus Botha
Historiese ‘1st Thursday’ vir Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles